Peter Jones is een van die voorste reformatoriese denkers wanneer dit kom by die uitkenning van die nuwe heidendom. Hy reageer
hier op die nuwe boek van Jenell Williams Paris,
The End of Sexual Identity: Why Sex Is Too Important to Define Who We Are (Downers Grove, IL: InterVarsity, 2011). Paris se sentiment is verteenwoordigend van 'n stem vir homoseksueles wat al sterker in baie kerke word. Die waarde van Jones se respons lê daarin dat hy die wêreldbeskoulike verbande van hierdie sentiment aantoon. Hy wys daarop dat woorde soos sosiale konstrukte, gelykheid,
coincidentia oppositorum en toekomstige sjamans in dieselfde dampkringe gevind word waar homoseksualiteit onvoorwaardelik omhels word. Nie almal wat simpatiek is met Paris se sentiment asem noodwendig al die dampe in nie. En tog. Hulle asem wel die lug in wat hierdie wêreldbeskouing bevorder. Jones doen belangrike werk om die lug te suiwer. Jones is nie 'n "gaybasher" nie. Daarvan getuig die volgende woorde:
Jenell Paris obviously wishes to respect and maintain communion with the believer grappling with homosexuality, and this is a good and proper Christian motivation.
Maar dit weerhou hom nie om te waarsku teen die beliggaamde dwaling en sakrament van monisme wat hy waarneem nie. Douglas Wilson reageer
hier op die artikel en voeg die volgende waardevolle opmerking by:
The sooner we understand that every worldview has a sexual expression, and that every sexual act is a disrobed and embodied worldview, the closer we are to a return to sexual sanity.
Jones en Wilson kan so praat omdat hulle die belydenis van die Skrif alleen (
sola scriptura) uitleef. Uiteindelik blyk dit dat die hele debat teruggevoer kan word hiernatoe. In die woorde van Os Guiness, handhaaf ons kerke
sola scriptura, of
sola cultura?