HT vir die skets: Anthony Flood
"Dit is duidelik dat daar 'n groot mate van verskil is tussen internasionaal te wees en kosmopolitaans te wees. Alle goeie mense is internasionaal. Byna alle slegte mense is kosmopolitaans. As ons internasionaal wil wees, moet ons nasionaal wees. En dit is grootliks omdat hulle wat hulself vriende van vrede noem hierdie onderskeid nie genoeg gehandhaaf het nie, dat hulle nie die meerderheid van enige van die nasies waaraan hulle behoort het beïndruk het nie. Internasionale vrede beteken vrede tussen nasies, nie 'n vrede na die vernietigning van nasies nie. Laasgenoemde is die Budhistiese vrede na die vernietiging van persoonlikheid. Die goue era van die Europeër is soos die hemel van die Christen: Dit is die plek waar mense mekaar sal liefhê; nie soos die hemel van die Hindu, 'n plek waar hulle mekaar sal wees nie. En in die geval van nasionale karakter kan dit in 'n besondere sin gesien word. Dit kan algemeen gevind word, dink ek, dat hoe meer 'n mens werklik die siel van 'n ander volk waardeer en admireer, hoe minder sal hy poog om dit na te boots; hy sal bewus wees dat daar iets daarin te diep en onbeheerbaar is om na te boots. Die Engelsman wat 'n fasinering het met met Frankryk, sal probeer om Frans te wees; die Engelsman wat Frankryk admireer, sal hardkoppig Engels bly."