Hier volg sommer net 'n paar eerste indrukke, of eerder prikkels, oor Johann Georg Hamann (1730-1788). Hy word wat statuur betref, redelik algemeen as die gelyke van Kant en Hegel geag. Wat hom so besonders maak, is dat hy alreeds as vriend en tydgenoot van Kant op 'n beter alternatief gewys het. Wanneer sovele vandag nou wonder wat ons met onse postmoderne generasie en sy Z.2's moet maak, rys Hamann omhoog as grondliggende aanbieder van 'n alternatiewe post-sekulêre visie.
Tussen John Betz en Oswald Bayer se sekondêre werke oor Hamann kan 'n Christen reeds oriënterend verlore en verwonderd raak oor hierdie baie spesiale gesant. In die agttienhonderds al kon hy die tipe lewe spreek wat aan die begin van die een-en-twintigste eeu eers meer berekend waardeer kon word vir die klare wyn wat dit is. Ja, 'n mens kan ook maklik ontsteld word dat jy nou eers van hom kennis neem. Maar dalk was jy, was ons, nog net nie gereed nie. Kyk, as iemand die postmoderne era reeds twee eeue vantevore kon antisipeer en meer nog, 'n kragtige antwoord daarop kon ontwikkel, behoort ons die hoede af te haal oor 'n man wat verbygestap het in die geskiedenis. Ons behoort ook vir mekaar te erken as ons hom aangehoor het, dat hy eintlik net kon sê wat hy gesê het as die gees van God in hom gewoon het. 'n Mens kry iets van die gevoel van ontsetting wat aan die hof van Farao en Nebukadnesar moes vaardig wees toe Josef en Daniel drome kon uitlê wat deur die waarheid daarvan reeds seggingskrag gehad het, maar ook deur die toekoms as bokant die tye geëer sou word. Praat die uwe nou in hiperbool net om aandag te trek? Laat die leser maar lees en dan self besluit, maar so van lees gepraat, kom ons begin deur sommer net vanuit Bayer se eerste bladsye te wys op hoe Hamann sy lesers uitgedaag en aangevuur het.
Hamman skryf welbewus moeilik. Hy rig deurdag hindernisse op vir sy lesers, sê Bayer. Waarom?
Bayer stel dat Hamann wou keer dat sy woorde bloot verbruik of afgetas word sonder dat dit die leser verander. Met ander woorde, Hamann is bereid om te wag vir lesers wat bereid is moeite te doen om deur sy woorde te werk totdat die waarheid daarvan aan hulle afgesmeer het. Bayer meen dat lesers juis so tot nuwe insigte gehelp kan word, of ten minste dan by 'n nuwe kritiese ingesteldheid op hulself. Hy wys daarop dat selfs Goethe dank verskuldig is aan Hamann oor die impetus wat hy by hom ontvang het vir sy eie werk. Hamann maak dit dus moedswillig nie maklik nie, maar vir diegene wat bereid is om aan te hang totdat die takke laag buig en die vrugte gepluk word, is alles die moeite werd. Dit is nie omdat Hamann bloot dom, astrant of beide is nie. Hamann het Hom ontdek wat baie groter as sensasie is en was oortuig dat hierdie Wysheid nie sonder meer beskikbaar is vir hulle wat nie vra en soek en klop nie. Hy kaats iets hiervan in sy skryfwerk en as hy dan niks anders doen nie, maak hy ons bewus van die Woord en woorde wat gewig dra en planete kan splyt. Ja, ook die Bybel is beslis nie die maklikste boek nie, maar daar is redes daarvoor. Een daarvan is dat ons beslis meer moet leer om poëtiese kennis te waardeer. Die literêre Christendenker, Gene Veith, sê oor poësie in kontras met prosa die volgende:
"Prose hurries by so that we become caught up in the content of what is said rather than by the language itself; poetry, on the other hand, slows us down, calls attention to its language, and communicates in sharp, telegraphic bursts." (p. 82)
Hamman kombineer die twee vorme. In hom het ons 'n maestro aan die woord wat ons kan oefen in die kuns om woorde te weeg. So word ons dalk ook gewigtig en word dit moontlik om werklik alternatief modern en post-sekulêr te wees, anderkant linkse en regse skreegevegte. Dit mag selfs duideliker word waarom die postmoderne maer koeie die vet moderne koeie kon opvreet sonder om beter te lyk. Want God is in beheer en bring honger om ons daarin te skool dat die mens nie van woorde alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die Woord getemper is.