Ons reken mos maklik dat ons tydsgewrig ’n revolusionêre tydvak is. 'n Mens is egter maklik in die versoeking om die belang van jou eie tyd te oorskat. Hier is net so 'n kort herinnering aan die turbulente tye van die Reformasie. Dit kan miskien help om die bysiende kyk op ons eie situasie te verlig deur kenis te neem van onstuimige toestande buite ons tydsradars. Mathison (p. 83) beskryf die rustelose toestande
ten tye van die Reformasie so:
"Virtually every
aspect of life in Western Europe experienced upheaval in the sixteenth century,
the likes of which had not been seen since the fall of Rome . The Renaissance was changing the way
men thought about themselves and the world. The political structure of Europe was painfully shifting under the weight of an
emerging nationalism. The economy was gradually transforming from the old guild
system to a nascent capitalism. The discovery and exploration of the new world
was expanding man’s geographical horizons. The use of the printing press was expanding
his intellectual horizons. In the midst of this were heard cries for reform in
the Church, cries which could not and would not be ignored."
Hierby sou ook gevoeg kon word die nuwe industrieë wat ontstaan het met die invoer van edelmetale
uit die Spaanse ryk, asook die ontdekkings en uitvindings in wetenskap en
tegnologie wat die era van wetenskap ingelei het. Verder was Europa bedreig
deur die opmars van die Turke op ’n skaal wat ongekend was sedert die vroeë
Middeleeue (vgl. Amos in die The Cambridge Companion to John Calvin, p. 206).
Te midde van hierdie toestande het reformasie in die kerk uitgebreek. Reformasie het nie noodwendig rustige tye nodig nie.