Soms is dit goed om vanuit ander oorde te hoor
wat aangaan. Hier is ’n artikel afkomstig uit die Ortodokse Kerk, van ene Patrick Henry Reardon. Hy verwys aan die einde na iemand wat deesdae nogal gereeld op die
radar verskyn, maar waarvan die meeste onder ons nog net gehoor het: Maximus
die Belydende!
Kom ons stel die vraag na die belang van Maximus
vir ’n oomblik ter syde. Hierdie artikel plaas na my mening kort en kragtig die
vinger op die pols van twee basiese sake wat onderliggend voortdurend 'n rol
speel in ons (modernisties/postmodernistiese) gesprekke: Nominalisme en Voluntarisme.
Die briljantheid van die artikel lê myns insiens in Reardon se vermoë om die
eenvoud van die twee geite aan die orde te stel.
En dit gooi natuurlik olie op my vuur in die
vermoede dat ons teologie deurtrek is, nie van Oxi-Vite soos in die kostelike advertensie nie, maar van Kantiaanse liberalisme. In 'n volgende aflewering sal ons die masjiengeweer op Afrikaans stel en dele uit die artikel vertaal.