2023/09/21

Laastes eerste en eerstes laaste

Lees: Mt. 20:1-16

Gedagte vir kinders: Mense wat klein is voor God, verhoog Hy, maar hoogmoediges val.

Oorsig: Die Here Jesus het vir Petrus (in die vorige hoofstuk) geantwoord dat hulle wat anders as die ryk jong man, alles verlaat en Hom gevolg het, honderd maal soveel sal ontvang en die ewige lewe beërwe. Maar toe het Hy iets belangrik bygevoeg en deur ’n gelykenis verduidelik dat ’n mens moet oppas vir ’n verkeerde houding hieroor: Die koninkryk van God is soos ’n eienaar wat vroeg in die more uitgegaan het om arbeiders te huur om in sy wingerd te werk (v.1-2). Hy het met die arbeiders ooreengekom vir ’n penning op ’n dag, wat gelykstaande was aan ’n stewige dagloon vir hul tyd. Toe het hy hulle uitgestuur in sy wingerd. Omtrent die derde uur (9:00) gaan hy toe weer uit en sien ander wat ledig (sonder werk) op die mark staan. Ook vir hulle het hy gesê om in die wingerd te gaan en dat hy aan hulle sou gee wat reg is. Hulle moes hom dus op sy woord neem, en so het hulle gaan werk (v.3-4). Weer het hy omtrent die sesde (12:00) en negende uur (15:00) uitgegaan en dieselfde gedoen. Hy het selfs die elfde uur (17:00) uitgegaan en ander ledig gevind en gevra: Waarom staan julle die hele dag hier ledig? Hulle het geantwoord dat niemand hulle gehuur het nie. Hy het ook vir hulle gesê om in die wingerd te gaan en dat hulle wat reg is (let wel), sal ontvang (v.5-7).       

Toe dit dan aand geword het, sê die eienaar van die wingerd vir die opsigter: Roep al die arbeiders en betaal hulle hul loon (let wel). Hy het ook gesê dat hy moes begin van die laastes af tot by die eerstes. Hulle wat omtrent 17:00 eers begin werk het, het elkeen ’n penning, die volle dagloon, ontvang (v.8-9). Die eerstes dink toe dat hulle meer sal ontvang, maar hulle het ook elkeen die penning vir ’n volle dagloon ontvang. Toe het hulle baie gekla (gemurmureer) by die huisheer en gesê: Hierdie laastes het maar een uur gewerk en u het hulle gelyk behandel met ons wat die moeite van die hele dag en die hitte gedra het (v.10-12). Die huisheer het toe vir een gesê: Vriend (let wel), ek doen jou geen onreg aan nie. Hy vra hom toe of hy nie ooreengekom het vir die volle dagloon van ’n penning nie. Hy het toe ook vir hom gesê dat hy moes neem wat syne is en heengaan. Hy het bloot gesê dat hy aan die laaste een wou geen net soos aan hom. Hy het gevra of hy dan nie vry is om met sy eie goed te maak soos hy wil nie. Hy het ook gevra of sy oog verkeerd is omdat die eienaar goed is. Toe het die Here Jesus weer sy woorde aan die begin herhaal: So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste. Hy het bygevoeg dat baie geroep, maar min uitverkies is (v.13-16).     

Besprekingsvraag: Wat beteken dit dat laastes eerste kom en eerstes laaste?

Insig: Die leer van onverdiende genade (sola gratia) is baie kosbaar, maar dit is ’n leerstelling wat ons hare deurmekaar vee (Douglas Wilson), ons kan neervel, en teen ons vleeslike grein ingaan. Die vlees werk met selfsug en eiebelang, met rekordhouding en vergelyking. Maar genade is per definisie nie regverdig nie, want dit beteken altyd dat ons baie, baie meer ontvang as wat ons verdien.

Daarom is genade ook, soos hier, ’n tweesnydende swaard. Dit hef jou in die hemel op, maar dit kan jou ook na die hel laat daal wanneer jy aanstoot daaraan neem omdat jou oog verkeerd is. Wat beteken dit dat laastes eerste kom en eerstes laaste? Sommige verklaar dit bloot dat almal gelyk aankom by die wenstreep van die ewige lewe en dat dit onverdiend gebeur vir elkeen, alleen deur die bloed van Jesus Christus. Tog sny die swaard hier skerper deur vermaning dat baie geroep, maar min uitverkies is. Laastes kom eerste deur God se genade, maar eerstes kom laaste vanweë hul eie geestelike hoogmoed (Bruner). Petrus het blykbaar die waarskuwing ter harte geneem, want later kon hy in sy tweede brief alle gelowiges oproep om vrugbaar te wees en hul roeping en verkiesing vas te maak (vgl. 2 Pt. 1:8-10; vgl. Fil. 2:12-13). Ons kan nie genade voorgee of namaak nie, maar ons word ook opgeroep om in sy genade die vrugte te dra en daarom ook te waak teen die sondige vlees wat ons wil laat laat dink ons kan verdien, rekord hou, en meer op onsself as op God se wingerd (koninkryk) fokus.

Hoe gebeur dit in die praktyk? Petrus het pas vantevore wonderlike beloftes gekry oor hulle wat alles verlaat het, maar met ’n waarskuwing daarna om te waak teen ’n verkeerde gesindheid (Mt. 19:27-30). In die Kerkgeskiedenis is die groot voorbeeld van gelyke behandeling sekerlik die heidene wat saam met die Jode mede-erfgename van Christus word (vgl. Rom. 10-12). Dit kom ook na vore in ou mense wat die ergste storms van die lewe moes trotseer teenoor kinders en pas bekeerdes wat ooki dieselfde ewige lewe ingaan. Nader toepassings: stigterslede in gemeentes teenoor nuwelinge, sterker teenoor swakker Christene, dinamiese kerke teenoor kleineres. Of jy wat lank uitsonderlik geseën was, en nou lyk dit of dit so gemaklik oorgegaan het na iemand anders. Ons moet hieride gedeelte natuurlik ook in verband bring met gedeeltes soos Luk. 19 waar die genadeloon verskillend blyk te wees. Maar dit is duidelik dat ons dan steeds praat van genadeloon en nie dienaarsloon nie (vgl. HK 24). Hierdie maan ons om baie duidelik te besef dat alles net genade is en dat ons nie deur geestelike hoogmoed moet veragter in die genade nie (Hebr. 12:15).   

Hoe bly ons in hierdie genade, of word ons so dat ons nie neergetrek word deur geestelike hoogmoed nie? (1) Neem die groot waarskuwing ter harte en bely dit voor God as jy beleef dat vasgevang is in jou ego en roep Hom aan. Sy einste genade kan ook jou vrymaak. (2) Erken sy soewereiniteit en (3) wandel dieper in sy genade. Baai en verbly jou. juig en sing daarvan saam met ander. Sing dit uit en ook dieper in jouself in en leef uitwaarts met die aangesig na Hom toe wie se genade altyd genoeg is, ook vir jou. Drink dit telkens weer diep teue daarvan. (4) Sien raak watter voorreg dit is om bloot in sy teenwoordigheid te mag arbei. (5) Onthou, die ledige werkers het eers later sy genade leer ken. (6) Hoor wie die lewende God is wat vroeg en laat uitgaan en mense tot sy genadeloon roep. (7) Hy is die Een wat Homself gee, wat sy Seun gegee het, sonder voorbehoud, vir ons. Dit is wie Hy is. Gee jouself oor aan hierdie God. Gee jou eiebelang oor en leef in die son van sy genade wat jou telkens verwarm en volmaak.       

Werke geraadpleeg

John Bergsma, The Word of the Lord. Year A.

Frederick D Bruner, Matthew: A Commentary.  

Lawrence R Farley, The Gospel of Matthew: Torah for the Church.

Matthew Henry. Let op die volgende aanhaling van Henry by hierdie Skrifgedeelte: The nature of envy; It is an evil eye. The eye is often both the inlet and the outlet of this sin. Saul saw that David prospered, and he eyed him, 1Sa 18:9, 1Sa 18:15. It is an evil eye, which is displeased at the good of others, and desires their hurt. What can have more evil in it? It is grief to ourselves, anger to God, and ill-will to our neighbour; and it is a sin that has neither pleasure, profit, nor honour, in it; it is an evil, an only evil...The aggravation of it; “It is because I am good.” Envy is unlikeness to God, who is good, and doeth good, and delighteth in doing good; nay, it is an opposition and contradiction to God; it is a dislike of his proceedings, and a displeasure at what he does, and is pleased with. It is a direct violation of both the two great commandments at once; both that of love to God, in whose will we should acquiesce, and love to our neighbour, in whose welfare we should rejoice. Thus man's badness takes occasion from God's goodness to be more exceedingly sinful.

Ander: Aanhaling van  Francis Schaeffer in hierdie tyd raakgeloop: We are not building God’s Kingdom. He is building his Kingdom, and we are praying for the privilege of being involved.

Scott Hahn se bondige en treffende verbande by die St. Paul's Center:

This is the biblical backdrop to Jesus’ parable of salvation history in today’s Gospel. The landowner is God. The vineyard is the kingdom. The workers hired at dawn are the Israelites, to whom He first offered His covenant. Those hired later in the day are the Gentiles, the non-Israelites, who, until the coming of Christ, were strangers to the covenants of promise (see Ephesians 2:11–13). In the Lord’s great generosity, the same wages, the same blessings promised to the first-called, the Israelites, will be paid to those called last, the rest of the nations.

This provokes grumbling in today’s parable. Doesn’t the complaint of those first laborers sound like that of the older brother in Jesus’ prodigal son parable (see Luke 15:29–30)? God’s ways, however, are far from our ways, as we hear in today’s First Reading. And today’s readings should caution us against the temptation to resent God’s lavish mercy.

Like the Gentiles, many will be allowed to enter the kingdom late—after having spent most of their days idling in sin.

But even these can call upon Him and find Him near, as we sing in today’s Psalm. We should rejoice that God has compassion on all whom He has created. This should console us, too, especially if we have loved ones who remain far from the vineyard.

Robbert Barron se treffende homilie hieroor vestig die aandag besonders op wat 'n lewe van genade en liefde beteken en om deelgenote van die Goddelike natuur te wees.