Derrick Peterson skryf vinniger as wat ek kan lees
en lees vinniger as wat ek kan dink. Hy laat die meeste van ons perspektief kry
oor ons eie gawes. Dit beteken nie dat ’n mens hom daarom oor alles met toe
oë moet vertrou nie, maar hy is wel ’n belangrike en gewaardeerde gids op sekere temas soos die Triniteit en die verwantskap tussen geloof en wetenskap.
Hy het onlangs op sy facebook-blad die volgende handige riglyne gegee oor sy
skryfwerk oor die Triniteit. Dit is die moeite werd om dit hier langer leeftyd te gee, aangesien Peterson 'n belangrike verwysingspunt is wat kan help om hieroor nugter en waarderend te bly. Hier is Peterson se woorde oor sy skryfarbeid tot dusver, oorgeklank
in onse taal:
[Kyk gerus na my werk] genaamd The Parting of
God: Diagnosing The Fate of Divine Simplicity in 20th Century Theology (wat
in 'n heeltemal bygewerkte en meer gepoleerde vorm gevind kan word in die
geredigeerde bundel The Lord is One onder redaksie van Joseph Minich,
saam met 'n tweede metgesel-opstel van my, A Sacred Monster: On the Secret
Fears of Recent Trinitarianism. Albei is dele van 'n (veel) groter projek
wat ondersoek instel na hoe geskiedskrywing, historiese teologie en
sistematiese teologie alles saamwerk - veral hier in terme van die leerstelling
van die Drie-eenheid…
Ander voorbeelde van die projek kan op my
academia.edu-bladsy gevind word - sodat die familie van opstelle (in geen
spesifieke volgorde nie) die volgende is, alhoewel ’n mens my boekresensie van
Darren Sarisky se Theologies of Retrieval as 'n soort voorwoord kan
hanteer. Dan 1) A Sacred Monster 2) The Parting of God 3) Between
Sublime and Machine 4) die opstel No True Scotsman oor Duns Scotus
se plek in groot verhale oor die vorm van geskiedenis, 5) A Loud Absence
(wat 'n soort bylaag is tot spesifiek A Sacred Monster) asook 6) A
Graduated Splendor wat iets van 'n bylae is. My boekresensies van Stephen
Holmes se The Quest for the Trinity, Paul C.H. Lim se Mystery
Unveiled: The Crisis of the Trinity, Matthew Bates se The Birth
of the Trinity en Wesley Hill se Paul and the Trinity kan almal
behandel word as bylaes wat ook wag vir meer uitgebreide behandelings deurdat
elkeen oor een of twee sleutel-aspekte van historiese temas handel en wat
onderontwikkel in huidige behandelings is. En as 'n soort gevarieerde oorsig is
Gods, August and Otherwise: How Neo-Thomism Affected the Trinitarian
Renaissance ook deel van die ander werke.