Ons is geskape na die beeld van God as priester-konings. Dit gee die vermoë om met God in verhouding te wees, rasioneel te dink, morele besluite te neem, kreatiwiteit uit te leef, en (met God) die skepping te versorg en te beteuel. Dit is 'n voorreg, nie slawerny nie! - Paul Copan, in Is God a Moral Monster: Making Sense of the Old Testament God, hoofstuk 3.
2020/03/14
2020/03/13
Hamann en heerlike hindernisse
Hier volg sommer net 'n paar eerste indrukke, of eerder prikkels, oor Johann Georg Hamann (1730-1788). Hy word wat statuur betref, redelik algemeen as die gelyke van Kant en Hegel geag. Wat hom so besonders maak, is dat hy alreeds as vriend en tydgenoot van Kant op 'n beter alternatief gewys het. Wanneer sovele vandag nou wonder wat ons met onse postmoderne generasie en sy Z.2's moet maak, rys Hamann omhoog as grondliggende aanbieder van 'n alternatiewe post-sekulêre visie.
Tussen John Betz en Oswald Bayer se sekondêre werke oor Hamann kan 'n Christen reeds oriënterend verlore en verwonderd raak oor hierdie baie spesiale gesant. In die agttienhonderds al kon hy die tipe lewe spreek wat aan die begin van die een-en-twintigste eeu eers meer berekend waardeer kon word vir die klare wyn wat dit is. Ja, 'n mens kan ook maklik ontsteld word dat jy nou eers van hom kennis neem. Maar dalk was jy, was ons, nog net nie gereed nie. Kyk, as iemand die postmoderne era reeds twee eeue vantevore kon antisipeer en meer nog, 'n kragtige antwoord daarop kon ontwikkel, behoort ons die hoede af te haal oor 'n man wat verbygestap het in die geskiedenis. Ons behoort ook vir mekaar te erken as ons hom aangehoor het, dat hy eintlik net kon sê wat hy gesê het as die gees van God in hom gewoon het. 'n Mens kry iets van die gevoel van ontsetting wat aan die hof van Farao en Nebukadnesar moes vaardig wees toe Josef en Daniel drome kon uitlê wat deur die waarheid daarvan reeds seggingskrag gehad het, maar ook deur die toekoms as bokant die tye geëer sou word. Praat die uwe nou in hiperbool net om aandag te trek? Laat die leser maar lees en dan self besluit, maar so van lees gepraat, kom ons begin deur sommer net vanuit Bayer se eerste bladsye te wys op hoe Hamann sy lesers uitgedaag en aangevuur het.
Hamman skryf welbewus moeilik. Hy rig deurdag hindernisse op vir sy lesers, sê Bayer. Waarom?
Etikette:
Bayer,
Hermeneutiek,
Johann Georg Hamann,
Kant,
Luther,
postmoderniteit
2019/09/10
Pinkster en oom Paul
Pinkster is ’n gevaarlike fees wat ons elke jaar vier. Die Bybel leer dat waar die
Heilige Gees werksaam is, daar dikwels opskuddings en vervolgings plaasvind.
Die Gees van God het nie gekom om ons mak te maak nie, maar vol lewensdurf en
planne om gevaarlike wapens in God se koninkryk te wees (vgl. Rom. 6:13).
God
se Gees het gekom om ons van vreesagtigheid vry te maak. Dit bly een van die
mees vertroostende, mees uitdagende, mees gebalanseerde uitsprake – om te hoor
dat God ons ’n gees van krag, liefde en selfbeheersing gegee het (2 Tim. 1:7).
Sommige praat baie van krag, ander van liefde, en ander van selfbeheersing. Om
egter hierdie drie eienskappe in harmonie uit te leef, is ’n saak wat net die
Gees van God in ons kan bewerk. Die goeie nuus van Pinkster is dat God hierdie
bekragtiging reeds in Christus en sy Gees aan ons gegee het. Die vraag is
daarom opnuut of ons dit nog in hierdie Gees waag met die Here.
Dit is ook ’n
ontblotende vraag of ons regtig wil hê dat die Heilige Gees kragtig onder ons
sal werk. Want sien, waar die Gees werksaam is, gaan ons in die spervuur
beland, eerstens by God wat ons nie gaan los soos ons is nie, en tweedens by
mense wat hul eie bydraes gaan maak om ons te vorm.
Etikette:
evangelie,
NP van Wyk Louw,
Paul Kruger,
Pinkster,
Tradisie
2019/06/14
Tyd vir 'n roomsnor
Kersfees het nie net een stel
remme nodig nie. Ons is nogal goed bekwaam om die voorremme aan te slaan as dit
kom by die kommersialisering van kersfees. As ons egter nie daarteen waak nie,
kan ons die agterremme verwaarloos wat net so sterk teen iets anders moet rem:
streng en stroewe gesigte in die feestyd. Om met strak gesigte die tongskote te
laat klap teen kommersialisering, kan óók dui op ’n gebrek aan waardering vir
die evangelie.
Kerstyd herinner ons aan die mees dramatiese gebeure in die
geskiedenis van die mensdom – dat die God van die heelal geopenbaar is in die
vlees (1 Tim. 3:16). Dit het die begin van ’n salige wending aangekondig wat
ons lewens van dienskeg-wees na kind-wees, van bedelaars na koningskinders,
verander het. Dit het aan ons bevestig dat die stoflike waarde het en dat God
se verlossing ook atome insluit. In hierdie wêreld van ons wat so gekraak en
gebroke is, en tog nog soveel tekens van skoonheid vertoon, het God deur sy
Seun die grootste moeite denkbaar kom maak. Hy het alle messias-komplekse
beskaam toe Hy aan ons die ware Messias gegee het om op die regte tyd op te
daag.
God het hierdie wêreld van koggelmanders en klippe, van kremetarte en
dolfyne, van atoom-fisika en sondige mense, so liefgehad dat Hy sy eniggebore
Seun gegee het om dit te red. Hierdie oorwinning deur ’n kruisdood en ’n
opstanding uit die dood sou egter net kon gebeur as die Messias ook eers as
mens gebore word. In die geskiedenis van die mensdom is daar nooit so iets gesien
nie. In hul wildste drome kon selfs die Jode nie hierdie wending vooraf met
begrip voorspel nie; dat God ná soveel gesante, uiteindelik sy eie Seun stuur
(vgl. Mk. 12:6) om te verseker dat verlossing nie ’n moontlikheid nie, maar vir
altyd ’n werklikheid is.
Die beste verhale, so het die kenners lankal
aangetoon, vertoon ’n wending wat jy nooit vooraf heeltemal kon sien kom nie.
Nádat die wending plaasgevind het, kyk jy egter met verwondering terug en sê:
dit kon op geen ander manier werklik bevredigend uitwerk nie. Hierdie kenmerk
van die beste verhale is natuurlik geskoei op die grootste en beste verhaal
ooit. Nadat Jesus Christus gekom het, besef ons dat Hy die die verpersoonliking
van salige wendings is. Dit kon inderdaad op geen ander wyse gebeur het nie.
Daar was reeds baie skaduwees en tipes in die Ou Testament, ja, maar sonder die
verrassende ontknoping daarvan in die Nuwe Testament, sou ons nie met
versadiging “a-ha” kon sê nie. En ons wat anderkant die kruis en die leë graf
met ’n nog groter prentjie leef, mag onder leiding van die Gees selfs
“a-ha-leluja” uitroep. “Die grootste en beste verhaal,” so mag elke gelowige
jubel, “het ook mý verhaal geword, want mý verhaal is ingetrek in die wending
wat Jesus Christus gebring het.”
2019/06/04
Paulus en prudentia
Ons werk tans aan 'n publikasie, Woord in die Hart, deel 3. In hierdie publikasie wat huisgesinne wil help om rondom die Woord te vergader, word 'n vraag behandel oor Paulus se benaderings tot Joodse gebruike en spesifiek met betrekking tot besnydenis in die geval van Titus en Timótheüs. Hieronder volg die vraag en die antwoord uit 'n deel wat fokus op Handelinge 21:10-34 waar Paulus bereid was om selfs die koste op hom te neem van 'n gelofte wat saam met Joodse Christene gemaak is.
Besprekingsvraag: Vergelyk Handelinge 21:10-34 met Galasiërs 2:3-5 en ook met Handelinge 16:1-3. Was Paulus nie
inkonsekwent in dit wat hy oor die besnydenis vir mense geleer het nie? Wanneer staan
gebruike en gewoontes van mense in die pad van die evangelie en wanneer kan ons
dit toelaat?
Insig: Paulus het
van Tarsus na Antiochíë en vandaar na die res van die destydse bekende
wêreld op sy sendingreise vertrek. Oral het hy die evangelie van Jesus Christus
verkondig en baie mense, Jode sowel as heidene, het tot geloof gekom. In
dieselfde tyd het daar in Jerusalem ook duisende Jode tot geloof gekom wat in
hulle leefstyl baie nou aangesluit het by die gebruike van die Jode waarmee
hulle grootgeword het. Een van die groot uitdagings waarmee Paulus te make
gehad het, was om te verduidelik wat die verskil is tussen die ou verbond, waar
almal soos die Jode moes word om deel van die volk van God te wees, en die nuwe
verbond waar gelowige Jode en heidene nou saam deel van die volk van God
uitmaak (vgl. Efés. 2:11-22; Rom. 9-11). Met Paulus se aankoms in Jerusalem het
hierdie strydvrae opnuut na vore gekom.
2019/06/03
Apologetiek volgens W.D. Jonker
Onderstaande is afkomstig uit klasnotas van prof. Roelof Maré, waar hy weer gebruik maak van die werk van wyle prof. Willie Jonker. Ek kon nie op die amptelike blad oor prof. Jonker se werke onderstaande stuk terugvind nie, en deel daarom hierdie juweel uit sy nadenke oor Apologetiek vanuit eie bronne.
1. Die doel van die
Apologetiek moet altyd wees dat rekenskap daarvan gegee word dat ons glo en
waarom ons glo.
2. Die Evangelie word
as die waarheid verkondig. Daarvan word getuienis gegee, soos die dissipels van
die Here Jesus gedoen het.
3. Geloof is nie iets
wat niks met verstand en rede te doen het nie. So getuig Paulus dat hy woorde
van waarheid en gesonde verstand spreek (Hand. 26:25-26).
4. Rede en ervaring
beklee wel 'n plek in ons verantwoording van ons geloof, maar dit is nie twee
groothede wat ongelowiges moet oortuig en die waarheid van die geloof moet of
kan bewys nie. Dit is vir 'n gelowige nie absurd om te glo (soos Bonaventure
gesê het: credo quia absurdum) nie. Apologetiek is die verantwoording van ons
geloof oor die redes waarom ons glo en oor die konsekwensies van ons geloof.
5. Die gelowige voer
self 'n stryd teen versoekinge en aanvegtinge tot die einde van sy lewe. Daarom
is Apologetiek ook van groot nut vir die gelowige self.
2019/03/07
Weggee-tekens van regverdiging
Die waarde van die groot ou geeste is dat hulle altyd nuwe toepassings vind. Dit is ook die geval met die bekende, dog onderwaardeerde lering van oom Luther. Die regverdiging deur die geloof in Christus word maklik abstrak herhaal, maar dit vind nuwe, lewende toepassings in 'n era van ongekende selfregverdiging. En waar sien ons dit deesdae uitspoel? Natuurlik nêrens anders nie as op die nimlike "fake books en flash books" van die lewe. Want sien, so dui meer as een teoloog aan, dit is daar waar mense deesdae dikwels regverdiging soek. Dit gebeur veral wanneer die regverdiging voor God, vertikaal, vergete raak. Die ignorering daarvan keer egter met weerwraak terug. Nou word die volle gewig op horisontale verhoudings, dikwels virtueel, geplaas om daardie regverdiging te bied waarna ons as mense nou eenmaal dors. Die "hou van" op vuisboek en fris-lyk-boek beteken dan oneindig baie, want sien, so word ek nou geregverdig deur ander.
Die omgekeerde is ook waar. Op min ander plekke kan die val van held tot hel so vinnig registreer. En om "lady" Gagga in haar onlangse oomblik van waarheid aan te haal: sosiale media kan maklik die toilet van die internet wees.
Teken in op:
Plasings (Atom)