2012/02/27

Soveel tale jy kan ...

Die spreekwoord lui: "soveel tale jy kan, sovele male 'n man". Wel, dan is hiperpoliglotte seker die opperste mans. Blykbaar is 'n hiperpoliglot iemand wat tien tale of meer kan praat. Alex Rawlings van Oxford in Engeland was onlangs in die nuus nadat hy aangewys is as die mees meertalige student in Brittanje. Wat dit vir ons so interessant maak, is dat Afrikaans een van die tale is. Geniet sommer net hierdie ou se gawes in die volgende insetsel.

2012/02/09

Nog iets oor die sosiale media

Die vorige pos het verwys na die positiewe en negatiewe aspekte van die sosiale media. Hier is nog 'n insetsel (in 'n ander medium) wat daarby aansluit.

Session #3: "Christian Ministers & The New Media" from Canon Wired on Vimeo.

2012/02/07

Jy, jou gesin en sosiale media

Ds. Slabbert le Cornu gee hier belangrike inligting deur oor die reformatoriese gebruik van sosiale media. Enige mens en enige gesin wat regtig glo in die heerskappy van Christus oor elke duimbreedte van ons bestaan behoort so 'n inligtingstuk met albei hande aan te gryp.

2012/02/04

'n Fasinerende gesprek

Hier is 'n fasinerende gesprek tussen twee van die leiers in die Calvinisties evangeliese kringe op ons planeet - John Piper en Douglas Wilson. Hulle aanslag is verskillend en tog ook so dieselfde. Hoe wonderlik dat ons vandag baie makliker op sulke gesprekke kan inluister en opgebou en bemoedig kan word.

Vir pa's en die wat pa's wil word