Lees: Mat. 15:21-28
Gedagte vir kinders: Ons hoef
nooit moedeloos te word om vir die Here se genade te vra nie.
Oorsig: Net voor hierdie gedeelte hoor ons van tradisies (oorlewering van die ou
mense) en rituele, bygevoeg by die Ou Testament, wat in die pad van Christus se
innerlike reiniging kan staan en die bevrydende Woord (sola scriptura en
solus Christus) ontken. In hierdie gedeelte hoor ons hoe geloof in Christus
(sola fide) die belangrikste is en hoe ons so gereinig word en genesing mag
ken (vgl. Hand. 15:9). Die Here Jesus het vanaf Galilea
in die Noorde, saam met sy dissipels nog verder noord gegaan, tot selfs buite
die grense van Israel in die heidengebiede naby Tirus en Sidon (v. 1. Vgl. Luk.
4:26). Hulle wou moontlik rus en ook die mense laat nadink oor wat die beteken
as Christus weg is (vgl. Mat. 10:14). Daar het 'n Kananese vrou ('n Griekse
vrou van Siro-Fenisiese afkoms volgens Mk. 7:26) na Hom geroep met grootse
woorde.
Sy het Jesus respekvol as Here en
as Messias (Seun van Dawid) aangespreek en gevra dat Hy barmhartig sal wees. Haar
dogtertjie was erg van die duiwel besete (v.22). Die Here Jesus het haar nie
geantwoord nie. Sy het egter so aangehou dat die dissipels blykbaar ongemaklik
geraak het en Hom gevra het om haar (te help en dan) weg te stuur. Die Here
Jesus het bloot soos vroeër (vgl. Mt. 10:5-6) geantwoord dat Hy gestuur is na die
verlore skape van die volk van Israel. Uit Markus 7 leer ons ons dat Hy daar
iewers in 'n huis gegaan het. Ons kry vanuit Markus die indruk dat sy
daarvan gehoor het, op een of ander manier daar ingekom het, en toe voor sy
voete neergeval (neergebuig) het en weer gevra het: Here, help my! (v. 23-25).
Die Here het haar toe nogeens in
lyn met sy vorige woorde geantwoord en 'n beeld van 'n gesin met kinders en
hondjies gebruik. Sy roeping was in Israel en met sy dissipels. Dit was nie reg
om nou die sorg wat bedoel was hulle wat kinders was deur God se verbond met Israel, nou vir hondjies, bedoelende
heidene buite die verbond, te gee nie (v.26). Die vrou het egter 'n antwoord
van geloof gegee. Sy het in nederigheid erken dat sy nie as kind in die huis
erken kon word nie en dat Israel wel eerste moes kom. En tog het sy die beeld
gebruik om dit verder te voer: Die hondjies kry darem krummels en sy was selfs bereid
vir die krummels wat Israel by die Messias gekry het. Hierop het die Here Jesus
haar antwoord van geloof geëer. Hy het vir haar gesê: “O Vrou, groot is jou
geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê." Sommer so op afstand het
daardie vrou se dogter toe gesond geword, presies van daardie uur af (v. 27-28).
Besprekingsvraag: Hoe rym
ons Mt. 10:5-6 en 15:24 met Mat. 28:18-20?
Insig: Christus herhaal dit in sy bediening dat Hy gestuur is na die verlore skape van Israel (vgl. Mt. 10:5-6; 15:24; Rom. 15:8). Let egter op: