2012/11/16

Die mite: proporsionele ras- en geslagsverteenwoordiging

Soms het sekere mense se uitsprake oor sekere kwessies net meer slaankrag. Hierdie gesprek is reeds in 1981 opgeneem. Vanjaar is Sowell reeds 82 jaar oud, dog steeds verbasend skerp. Sy boeke en opinies bly vars. Ons het meer Sowells nodig.


2012/11/08

Wanneer woordvonke spat

Die woord is vir die digter nie net 'n klank-kombinasie nie; nie net die draer van begrip nie; nie net die vorm waardeur hy die strenge tug op sy belewings handhaaf nie. Die woord is 'n magiese middel, 'n wapen waardeur onsuiwerheid uitgesny kan word, 'n tower-formule waarmee dinge besweer word, 'n beitel waardeur planete oopgebreek kan word.

Johan J. Degenaar