2012/11/08

Wanneer woordvonke spat

Die woord is vir die digter nie net 'n klank-kombinasie nie; nie net die draer van begrip nie; nie net die vorm waardeur hy die strenge tug op sy belewings handhaaf nie. Die woord is 'n magiese middel, 'n wapen waardeur onsuiwerheid uitgesny kan word, 'n tower-formule waarmee dinge besweer word, 'n beitel waardeur planete oopgebreek kan word.

Johan J. Degenaar