Wys tans plasings met die etiket romantiek. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket romantiek. Wys alle plasings

2022/03/23

Oom Ches oor romantiek

Het jy al ooit 'n klein seuntjie hoor kla dat hy by 'n treinstasie moet aanhang en vir 'n trein moet wag? Nee; want om binne 'n spoorwegstasie te wees is vir hom om binne 'n spelonk van wonders en 'n paleis van digterlike genot te wees. Want vir hom is die rooi lig en die groen lig op die seinbord soos 'n nuwe son en 'n nuwe maan. - GK Chesterton

Oom Ches, soos ons hom in hierdie reeks noem, het die vermoë om die mor in jou hart tot bedaring te bring. Dit is geen geringe  saak nie, want selfs verloste Israeliete kan nog steeds in die woestyn agterbly (vgl. 1 Kor. 10). En oom Ches help verrassend baie om die beloofde land sommer in jou eie land, jou eie huis en op jou eie werf te vind. In die bekende artikel van hom waarna ons die vorige keer gekyk het, gaan ons hierdie keer by ’n spesifieke element van oom Ches se oop geheim aanhaak. Dit is sy oog vir romantiek, selfs in ongemaklike situasies:

“Maar eintlik is hierdie romantiese siening van sulke ongerieflikhede net so prakties soos enige ander praktyk. Die ware optimis wat in sulke dinge 'n geleentheid vir genot sien, is net so logies en baie meer sinvol as die gewone "verontwaardigde belastingbetaler" wat 'n geleentheid vir grimmigheid sien.”[i]


Oom Ches het sterk daarop aangedring dat daar op die langtermyn niks so prakties is soos ’n goeie filosofie en ’n romantieke verbeelding nie. Oor die belangrikheid van ons filosofie het hy dit alreeds geëien by loseerders, maar ook in oorlog:

“Ons dink dat dit vir 'n eienaar wat 'n loseerder oorweeg, belangrik is om sy inkomste te ken, maar dit is nog belangriker om sy filosofie te ken. Ons dink dat dit vir 'n generaal wat op die punt staan ​​om 'n vyand te beveg, belangrik is om die vyand se getalle te ken, maar dit is nog belangriker om die vyand se filosofie te ken.”[ii]

En hiermee, dames en here, stel ek u opnuut voor aan om Ches. U het nie gedink dat oom Ches kan praat oor Rusland en die Oekraïne nie. Maar pas besef u dat hy iets geweldig daaroor en sommer ook jou toekomstige huurder gesê het. Terug na ons punt toe: