Wys tans plasings met die etiket Wilson. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Wilson. Wys alle plasings

2022/04/05

Oom Ches en wêreldbeskouing (2)

"As jy jou filosofie uit varke en sambrele kan bewys, het jy bewys dat dit 'n ernstige filosofie is." – G.K. Chesterton.

Ons het die vorige keer gesien dat  ’n vorige geslag Calviniste dit belangrik geag het om sieners in plaas van kykers te wees. Selfs ’n hele universiteit is voorheen hierop gebou en hierdie ideaal word tans voortgesit in nuwe instellings. Dit beteken meer as herhaal. Dit beteken ook dat ons vra hoe ons voortbou op hulle wat ons voorgegaan het. Ons het hierin reeds gekyk na die gevaar van ’n soort plat wêreldbeskouing wat skynbaar in vakkies uitgesorteer is, maar waarin die bekende nie meer wonder-vreemd aandoen nie. Een van die kure hiervoor, het ons gehoor by die Chestertoniaanse Calvinis, Douglas Wilson, is om by oom Ches te leer dat verbeelding ons anderkant blote wêreldbeskouing neem. Ons gaan nou verder hierop in.[i]

Wilson skryf nie sistematies oor Chesterton se verbeelding nie, maar eerder beeldryk en pulserend. Met die wete dat dit eerder gesnap as aangeleer word, gaan ons tog met behoud van die beelde, op vier sake let wat na vore tree in Wilson se bespreking van oom Ches en wat mag help om lewens en wêreldbeskouing na die volgende vlak toe te neem.