Brett McCracken kan altyd hoortyd gegee word. Hy skryf hier, op sy eie Independance Day, woorde wat waardig is om die patriotnotas te haal. Dit handel oor die verband tussen plek, patriotskap en Sehnsucht. Die betekenis van Sehnsucht kan gerus by die skakel dieper bestudeer word. Vir die haastiges is dit genoeg om nou te sê dat dit gaan oor daardie soms intense hunkering en verlange na dit wat jy nie regtig in woorde kan omsit nie. Lewis het baie hiervan gemaak en gereken dat dit iets is wat die Here in ons geplaas het om intuïtief te weet dat daar meer in die lewe is as die hier en nou. McCracken sien patriotskap as iets wat meer eksistensieel as ideologies is. Dit gaan vir hom om die dankbaarheid wat jy voel vir spesifieke nuanses van kultuur, geskiedenis, landskap en mense wat deel van jou menswees geword het. Hy tref 'n onderskeid tussen patriotskap en nasionalisme. Sommige mag miskien verskil hiermee, maar die volgende is die moeite werd om te vertaal:
Patriotskap is 'n goeie ding. Dit is die natuurlike emosionele konneksie wat ons met plek het. Ons is bedraad om te hunker na die idee van tuiswees. Dit was waarna die Israeliete gehunker het in die Sinaï-gebergte. Dit was waarna die Hobbits gehunker het (die Shire) gedurende hul Middel-Aarde avonture. Dit was wat deel uitgemaak het van C.S. Lewis se Sehnsucht: