Ek het onlangs via ’n student weer te doen gekry met ’n handige skema wat sy mentors in ’n ander konteks (blykbaar afkomstig van prof Jorrie Jordaan) vir hom gegee het. Dit bied ’n handige werkswyse aan die hand waarvan hy sy prediking vanuit die Skrif kon struktuur. Treffend is alreeds die begin: Die hele proses behoort biddend benader te word.
Daardie basiese skema word opsommend hieronder geplaas en met geen oogmerk
om verbatim aan te haal nie. Daarna gaan ek poog om, vir wat dit ook al werd
mag wees, uit te bou met ’n paar gedagtes wat waarskynlik in die oorspronklike
werk ook aandag kry. Die bedoeling hier is om in joernaal-formaat dit hier te
stoor vir snuffelaars vir die toekoms, en met ’n tweeledige doel. Sommige lesers mag dalk meer
byklank by my eerste afdeling vind en ander moontlik by die pulse van my tweede
afdeling. En as ’n omnivoor miskien ook soms gelukkiger lyk, wel, dan vind vermenigvuldigende
vreugde mos plaas, veral wanneer hoorders uiteindelik hierdeur geseën word.
Hier volg dan Prof. Jorrie se struktuur volgens hoorsê vanaf mentors uit
die Dopperwêreld: