Wys tans plasings met die etiket Gebed. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Gebed. Wys alle plasings

2022/07/19

Oorstelpende beloftes oor gebed

Lees: Luk. 11:1-13

Gedagte vir kinders: Ons hemelse Vader verhoor ons gebede op die beste manier.

Oorsig: Die Here Jesus was op pad na Jerusalem om die offer vir ons sonde te bring. Hy het hulle toe geleer wat dit beteken om sy dissipels te wees. Op ’n stadium was Hy besig om te bid en een van sy dissipels het, nadat Hy opgehou het, Hom gevra om om hulle te leer om te bid soos wat Johannes die Doper ook sy dissipels geleer het (v.1). Die Here Jesus het hulle toe die Onse Vader geleer en hier lees ons van Lukas se weergawe. Die feit dat dit hier en daar verskil met die weergawe van Mattheus, wys vir ons dat dit nie gaan om telkens die presiese woorde te herhaal nie. Ons kan onsself eerder voorstel dat die Here Jesus by verskillende geleenthede hieroor geleer het en dat Hy sy lering sou aanpas by elke omstandigheid. Tog kom die wese van wat Hy geleer het baie ooreen met wat ons in Mat. 6 daaroor leer.

Ons leer ook hier van die geweldige voorreg dat ons God as ons Vader mag aanspreek, en dat ons moet onthou dat Hy in die hemel is. En dit gaan eerstens om sy Naam, sy koninkryk en sy wil (v.2). Eers daarna kom ons behoeftes ter sprake, maar ons mag ook die Vader daarom vra. Ons vra vir ons daaglikse fisiese behoeftes (ons brood) en ons geestelike behoeftes (vergifnis en beskerming teen die Bose). Ons moet egter onthou dat ons moet bereid moet wees om te vergewe as ons God se vergifnis verlang en dit voor Hom erken dat dit ons gesindheid is (v.3-4).

Daarna het die Here Jesus vir hulle ’n gelykenis vertel om te verduidelik dat ons vir God mag vra sonder om skaam daaroor te wees. 

2020/05/19

Gebed en Godvergeters

Gebed is een van die mees anti-sekulêre dade wat ons kan pleeg. Dit is die vernaamste deel van ons dankbaarheidslewe en ’n kragtige manier om nie ’n Godvergeter te word nie (vgl. Ps. 50:22,23; HK 45, antwoord 116). Gebed is ’n besondere middel waardeur ons nie net die vyand verslaan nie, maar voor alles intieme gemeenskap met God beoefen.

2011/09/30

Dit is hoe dinge verander

Gebed verander nie sake nie, maar lê beslag op die God wat sake verander.
Ralph Davis, kommentaar op 2 Kon 19.