Wys tans plasings met die etiket Chesterton. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Chesterton. Wys alle plasings

2024/01/29

Bok en Bernice se nuwe strydlied

Die treffer-lied van Bokvan Blerk en Bernice West, “Die Afrikaner maak so”, is Vrydag, 26 Januarie 2024, vrygestel en maak steeds groter opgang. Dit is ’n lied waarin identiteit en die positiewe trots van Afrikaner-wees, ritmies en treffend, dansend en strydend, vry teen die wereld en werwend aan die orde gestel word. Daar word prontuit in hierdie bewustelik ongerepte weergawe geweier om sondebok te speel vir ander volke se sondes. Die lied is daarom ook duidelik ’n proteslied, positief gestem, teen die veragting en selfveragting van die Afrikaner. Dit het gebeur omdat opregte skuldgevoel met valse skuldgevoel verwar word. Die Bybel is duidelik daaroor dat daar iets soos ’n verswakte gewete kan wees wat veral deel is van diegene wat nog swak is in die geloof (vgl. 1 Kor. 8:12 en Rom. 14). Dit is ook waar van hulle wat afvallig geraak en die tien gebooie prysgee het vir die liberale tien gebooie. Sulke mense sal noodwendig ’n verwarde skuldgevoel ontwikkel, met gepaardgaande verwarde middelaars en verwarde versoening.

Die lied van Bok en Bernice bepleit terugekeer na die wortels van die Afrikaner: “Onthou wie jy is.” Dit betken nie liefdeloosheid teenoor ander nie, maar eerder net natuurlike liefde vir die eie. Die gevierde joernalis, Christelike apologeet en Pro-Boer, G.K. Chesterton, het by geleentheid benadruk dat hierdie soort liefde nie blind is vir die eie sonde nie, maar dat dit wel gebonde bly. Hy het dit so gestel: “Liefde is nie blind nie; dit is die laaste ding wat dit is. Liefde is gebonde; en hoe meer dit gebind is, hoe minder is dit blind.”[1] 

2022/06/07

Oom Ches en die Boere

“Ek is 'n ProBoer genoem en, anders as sommige Pro-Boere, was ek baie trots op die titel.” – G.K. Chesterton.

Dit is moontlik al voorheen aangetoon, maar ek kon dit nog nie vind in internet-Afrikaans nie. Afrikaners kan mekaar daarmee bemoedig dat die Anglo-Boereoorlog ’n besonder rigtinggewende invloed op die Britse joernalis, G.K. Chesterton (1874-1936), se lewe gehad het. Dit alleen behoort sy leserstal alreeds by ons te laat styg. Ek het Chesterton voorheen vanuit hoorsê ’n ProBoer genoem, min wetende dat hy dit behoorlik was en dat dit inderdaad die standaard-uitdrukking in Engeland was om die Britte te beskryf wat teen die oorlog teen die Boere gekant was.


Volgens oom Ches was daar soms selfs dinees gehou vir ProBoer-gesindes. Dit alles vind ’n mens uit wanneer jy Chesterton se outobiografie lees.[i] Oom Ches se vertelling hieroor is egter vir Afrikaners soveel te meer merkwaardig, aangesien hy die gebeure rondom die besetting van Suid-Afrika verbind aan sy eie ontwaking in identiteit asook ontluiking in die publieke arena van Brittanje. Chesterton verduidelik in sy outobiografie dat hy wel gekwalifiseerde simpatie gehad het met bepaalde doelstellings van die sosialiste en imperialiste, maar dat hy ook ’n bepaalde teësin daarin gehad het:  

“’Maar niks van my hart of my verbeelding het met hierdie wye veralgemenings saamgegaan nie; en iets binne my het altyd onbewus in die teenoorgestelde rigting gegrawe. Ek het in hierdie vae maar nie heeltemal ongesonde gemoedstoestand nie, gebly. Daar het ek gehang ... totdat iets in die uiterlike wêreld gebeur het wat my nie net uit my drome wakker gemaak het soos 'n donderslag nie, maar soos 'n weerlig my aan myself geopenbaar het. In 1895 het die Jameson-inval gekom en 'n jaar of twee daarna die oorlog met die twee Republieke van Suid-Afrika.”[ii]

Oom Ches vertel dan hoe gretig al die Britte was vir die oorlog, selfs gretiger as later vir die Eerste Wêreldoorlog. Chesterton was van mening dat die Eerste Wêreldoorlog baie belangriker en regverdiger was, maar dat dit nie dieselfde applous ontlok het as die Boereoorlog nie: “Menigtes sou ongetwyfeld teen Kruger en Kaiser uitroep; maar die Keiser met sy snorre het nooit so 'n gewilde karikatuur geword soos die President met sy bokbaard nie."[iii] Oom Ches merk ook later op dat dit maar onthou kan word dat daar politici was wat vír die Anglo-Boereoorlog was, maar wat later gedurende die oorlog van 1914 beskuldig is van beskeidenheid  of selfs anti-patriotisme.  

Hierdie sentimente van Chesterton is alreeds insiggewend, maar sy vertelling daarna neem sy verbondenheid aan die Boere se saak destyds, na ’n volgende vlak.

2022/03/23

Oom Ches oor romantiek

Het jy al ooit 'n klein seuntjie hoor kla dat hy by 'n treinstasie moet aanhang en vir 'n trein moet wag? Nee; want om binne 'n spoorwegstasie te wees is vir hom om binne 'n spelonk van wonders en 'n paleis van digterlike genot te wees. Want vir hom is die rooi lig en die groen lig op die seinbord soos 'n nuwe son en 'n nuwe maan. - GK Chesterton

Oom Ches, soos ons hom in hierdie reeks noem, het die vermoë om die mor in jou hart tot bedaring te bring. Dit is geen geringe  saak nie, want selfs verloste Israeliete kan nog steeds in die woestyn agterbly (vgl. 1 Kor. 10). En oom Ches help verrassend baie om die beloofde land sommer in jou eie land, jou eie huis en op jou eie werf te vind. In die bekende artikel van hom waarna ons die vorige keer gekyk het, gaan ons hierdie keer by ’n spesifieke element van oom Ches se oop geheim aanhaak. Dit is sy oog vir romantiek, selfs in ongemaklike situasies:

“Maar eintlik is hierdie romantiese siening van sulke ongerieflikhede net so prakties soos enige ander praktyk. Die ware optimis wat in sulke dinge 'n geleentheid vir genot sien, is net so logies en baie meer sinvol as die gewone "verontwaardigde belastingbetaler" wat 'n geleentheid vir grimmigheid sien.”[i]


Oom Ches het sterk daarop aangedring dat daar op die langtermyn niks so prakties is soos ’n goeie filosofie en ’n romantieke verbeelding nie. Oor die belangrikheid van ons filosofie het hy dit alreeds geëien by loseerders, maar ook in oorlog:

“Ons dink dat dit vir 'n eienaar wat 'n loseerder oorweeg, belangrik is om sy inkomste te ken, maar dit is nog belangriker om sy filosofie te ken. Ons dink dat dit vir 'n generaal wat op die punt staan ​​om 'n vyand te beveg, belangrik is om die vyand se getalle te ken, maar dit is nog belangriker om die vyand se filosofie te ken.”[ii]

En hiermee, dames en here, stel ek u opnuut voor aan om Ches. U het nie gedink dat oom Ches kan praat oor Rusland en die Oekraïne nie. Maar pas besef u dat hy iets geweldig daaroor en sommer ook jou toekomstige huurder gesê het. Terug na ons punt toe: 

2022/03/22

Oom Ches oor ongerief en dergelike avonture

In die vorige aflewering is die bekende G.K. Chesterton, Oom Ches soos ons hom maar in die volksmond kan noem, aan die orde gestel. Hy verteenwoordig die heerlike alternatief op die visie van suspisie wat soveel ongeloof by ons in stand hou. In hierdie aflewering gaan ons, soos voorgeneem, fokus op ’n bekende artikel van hom, On running after one’s hat.[i] Hierdie ryk en humorgeurende artikel illustreer op treffende wyse oom Ches se gawe om die wonder in alles raak te sien. Ons weet in teorie dat ons almal veronderstel is om die lewe in groter mate as avontuur te sien. Maar ons het ook iemand nodig wat aan ons die nodige middele gee om ons te help om so te wees. Wel, in oom Ches het ons iemand wat ons hiermee kan help. 



2022/03/03

Oom Ches vir ons tyd

Maroela Media het hierdie stuk goedgunstig geplaas. Dalk kan dit 'n reeks word:

Sommige studente begin al meewarig glimlag as ek oom Ches vir die soveelste keer aanhaal. Ek praat nou van G.K. Chesterton, veelsydige Britse Joernalis (1874-1936). “Maar hy is dan Ingels”, hoor ek iemand sê, “en hy was Rooms-Katoliek”, voeg iemand anders ingelig by. My eerste antwoord is eenvoudig dat ons Heer se genade groter is as wat ons dink. En my verdere antwoord is dalk oorbekend: God het daarvoor gesorg dat mense hom nie verafgod nie, en hom daarom maar Engelsman en Rooms Katoliek gemaak. Maar hier is my troefkaart in Afrikaner-land. Chesterton was pro-Boer tydens die Anglo-Boereoorlog. 


Hy was die tipe man wat Boere nie sal omgee om oom Ches te noem nie, want sy hart was op die regte plek. En oom Ches had ’n baie besondere gawe: Hy kon en kan vistas vir jou oopbreek wat jy eenvoudig nie sien kom het nie. En hierdie gawe is so belangrik vir elkeen van ons wat hartlik stry om minder soos murmurerende Israeliete en meer soos positiewe Kalebs te leef. Dit is ook uiters belangrik vir ’n geslag wat blykbaar dink dat die huidige opvolge van 50 skakerings van grys na die donkerder en dierliker kant toe, die enigste fassinering is wat daar is, al roep die donker ook al hoe dieper in. 

2012/12/07

Patriotnotas (2)

Nou-ja, kyk na die vorige possie. Reageer op die stellings en luister dan fyn na Chesterton se gedagtes:

HT vir die skets: Anthony Flood

"Dit is duidelik dat daar 'n groot mate van verskil is tussen internasionaal te wees en kosmopolitaans te wees. Alle goeie mense is internasionaal. Byna alle slegte mense is kosmopolitaans. As ons internasionaal wil wees, moet ons nasionaal wees. En dit is grootliks omdat hulle wat hulself vriende van vrede noem hierdie onderskeid nie genoeg gehandhaaf het nie, dat hulle nie die meerderheid van enige van die nasies waaraan hulle behoort het beïndruk het nie. Internasionale vrede beteken vrede tussen nasies, nie 'n vrede na die vernietigning van nasies nie. Laasgenoemde is die Budhistiese vrede na die vernietiging van persoonlikheid. Die goue era van die Europeër is soos die hemel van die Christen: Dit is die plek waar mense mekaar sal liefhê; nie soos die hemel van die Hindu, 'n plek waar hulle mekaar sal wees nie. En in die geval van nasionale karakter kan dit in 'n besondere sin gesien word. Dit kan algemeen gevind word, dink ek, dat hoe meer 'n mens werklik die siel van 'n ander volk waardeer en admireer, hoe minder sal hy poog om dit na te boots; hy sal bewus wees dat daar iets daarin te diep en onbeheerbaar is om na te boots. Die Engelsman wat 'n fasinering het met met Frankryk, sal probeer om Frans te wees; die Engelsman wat Frankryk admireer, sal hardkoppig Engels bly."