Dit is nie net Afrikaners wat aan afstigting ly nie. Die afsplitsing sindroom sit in almal se bloed. Mense verenig dikwels rondom dit wat Girard 'n offerkrisis noem - daar waar die spanning geleidelik oplaai tot by die punt van toornontbranding op, of toornverbanning van, een of ander sondebok. Dit gebeur selfs in kerke en dan skeur ons maklik af of verban iemand in die naam van een of ander sogenaamde beginsel. Hierdie aksie sluit dikwels aan by die bluf-jouself vriendekring wat in die vorige skrywe genoem is. Indien jy die normale struktuur van menige kerkskeuring beter wil begryp, kan Doug Wilson se onlangse besinning 'n ver ent help. En in die lees ontvang 'n mens sommer op die koop toe weer die evangelie in sy onverdunde formaat.
Wys tans plasings met die etiket revolusie. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket revolusie. Wys alle plasings
2013/08/02
2011/06/22
Potpadda-realisme
Dan Roodt maak hier die insiggewende stelling met 'n paar bewyse dat geweld van linkse politiek en nie van regses afkomstig is nie. Hy stel selfs dat Hitler eintlik links was. Stof tot nadenke soos hulle sê. Daar heers 'n persepsie by baie dat regtervleuel fundamentaliste die uitbroeiers van geweld is. Ek dink nie dit is totaal verkeerd nie. Die onderliggende aanvuurder van geweld is revolusie en dit kan linkse en regse manifestasies aanneem. Die waarde van Dr. Dan se skoot lê daarin dat hy geykte linkse ylings oor waar geweld nou eintlik broei daag. En terselfdertyd dien hy 'n nodige inspuiting van realisme toe oor die revolusionêr-sluimerende virus wat lank reeds in simbiose met sy ANC-gasheer leef. Ons het meer van hierdie potpadda-realisme nodig.
Teken in op:
Plasings (Atom)