2012/03/14

Bekeringsdatum of verbondskind?

Die hele kwessie van 'n bekeringsdatum vs. verbondskind is een van daardie debatte wat die inherente krag het om altyd weer op te vlam en dit is miskien goed so. Sommige mense moet uit hulle gemaksones van 'n tipe "makgemaakte" Christenskap geskok word met die realiteit van watter plofkrag daar in ware bekering is. Ander wat moedeloos is moet weer tot jubeling gebring word deur die die heerlik vrymakende boodskap dat "voordat ek kon kies, kon vra, het u Seun my vloek gedra." En natuurlik, daar is ook die van ons wat albei hierdie aksente nodig het. Soos ons groei, waarskynlik almal van ons. Wie lus het vir n vars briesie oor die onderwerp bekeringsdatum vs. verbondskind, lees gerus hierdie artikel.