2012/02/27

Soveel tale jy kan ...

Die spreekwoord lui: "soveel tale jy kan, sovele male 'n man". Wel, dan is hiperpoliglotte seker die opperste mans. Blykbaar is 'n hiperpoliglot iemand wat tien tale of meer kan praat. Alex Rawlings van Oxford in Engeland was onlangs in die nuus nadat hy aangewys is as die mees meertalige student in Brittanje. Wat dit vir ons so interessant maak, is dat Afrikaans een van die tale is. Geniet sommer net hierdie ou se gawes in die volgende insetsel.