Hierdie is die noodsaaklike opvolg op die vorige skrywe. Begin hier as jy die draad steeds nie volg nie. Die geseënde spanningslyn verdiep as ons ons tweede teologiese turk, Kevin DeYoung aanhoor. Hy en Tchividjian is meer as net Facebook vriende. Hulle albei speel saam in dieselfde reformatoriese span. Hoewel hul bouvorm nie so lyk nie, sou ons hulle posisies kon vergelyk met die vaskop- en loskopstut in 'n rugbyspan. Beide het die doel om die bal oor die doellyn te help dra, maar tog verskil hul aksente so effe.
Tchividjian is die vaskop-man. Hy wil deeglik seker maak dat ons geanker is in die evangelie, die volle evangelie en niks anders as die evangelie nie. Dit is dat alles wat nodig is vir ons ewige redding en vir aanvaarding voor God, reeds volledig deur Jesus Christus bewerkstellig is, vasgemaak is deur sy kruisdood en opstanding vir ons. Jy sal hierdie bevrysingsbasis nooit uitput nie. Al jou lanseerwerk begin hier. En as dinge begin skeefloop? Dan sê Tchividjian moet jy seker maak of al die indikatiewe motore op jou evangelie-basis nog op volle sterkte vuur. So praat die vaskop voorryman wat 'n meester is in evangeliese ankerwerk.
Maar 'n reformatoriese span het ook 'n loskop voorryman nodig. Onlangs oor die radio sê die Springbokvleuel van die wêreldbekerwenner '95-span, Pieter Hendriks, dat 'n loskop ietwat malkop-voortvarend moet wees en dat die Sprinkbokke so 'n iemand in daardie posisie nodig het. Wel, die tyd sal leer watter kandidaat die rol kan vervul, en Cheetah-getrou kan jy raai oor wie ek bevooroordeeld sou wees. Maar wat die baie belangriker reformatoriese span betref, gee Kevin DeYoung al die regte tekens dat ons hom maar gerus op loskop kan oorweeg. Kevin wil seker maak dat ons vorentoe dryf. Hy gee Tullian se vaskop ankerposisie toe, maar stel ook:Growing in godliness is a fight of faith–a fight to believe the truth about our justification, our adoption, a fight to believe all that God says about us by virtue of our union with Christ. But growing in godliness is more than trusting; it is also trusting enough to obey. The New Testament gives us commands, and these commands involve more than remembering, revisiting, and rediscovering the reality of our justification. We must also put on, put off, put to death, strive, and make every effort.
Kevin is besorg daaroor dat ons die indikatiewe afspeel teen die imperatiewe. Daar is egter net eenvoudig te