Wys tans plasings met die etiket Kuyper. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Kuyper. Wys alle plasings

2013/07/01

Top tien fiksieboeke vir dominees

Hier is die lysie van iemand wat nogal met Kuyperiane uithang. Ouens wat geneig is om die kognitiewe sy van ons menswees te oorspan, kan dalk baat vind by hierdie lys. Miskien, net miskien, is hierdie possie van meer waarde as baie ander inskrywings.

2012/06/15

Kuyper-kaping

Iewers het ’n Kuyper-kaping in Suid-Afrika plaasgevind. Die kaping het plaasgevind deur ’n vreemde alliansie. Verrassende lede sluit beide NGK en APK lidmate in.

Die kerkhisorici van die NG Kerk erken hulle aandeel sommer prontuit. Kuyper is gekaap, op die ashoop gesit en vervang met met Barth. Lede van die APK het saamgegekaap, maar die ashoop was natuurlik die laaste plek waaraan Kuyper blootgestel sou word. Kuyper sou goeie diens doen vir die kerkverband. En as die NGK sou beweer dat die APK nog in die Kuyper-kopklem is, sou menige APK's hierdie etiket natuurlik met vreugde dra. Was Kuyper dan nie feitlik die mees aangehaalde teoloog toe die NG kerk apartheid teologies verdedig het nie? Daar is eintlik min plekke waaroor baie APKaners en NGKaners soveel konsensus het: Die Abraham Kuyper kar is in of hy is uit. As iemand in koorsoomblikke die APK wil verklaar as die Afrikaanse Protestantse Kuypers, sou “ingeligtes” in die NGK en APK waarskynlik instemmend die kop – in ’n kopklem of te not – knik in’n dit-spreek-vanself ritme.

Konserwatiewes sê Kuyper is in; ander sê hy moet uit. Altans, tot onlangs toe. En wie moet ons bedank vir die nuwe wending in die waarneming? Niemand minder as ou POMO nie. Sy lang naam is postmoderniteit, maar niemand noem hom eintlik so nie. Dit klink te amptelik. Buitendien, gemak, informaliteit en intimiteit is dan juis so eie aan ou POMO.

Maar een ding het POMO reggekry. Hy het Kuyper met nuwe waardering op die tafel geplaas. Hoe dit gebeur het was onafwendbaar. Stadigaan besef mense vandag dat hoë oktaan Kuyper nie die probleem is nie. Die vraag is eerder op watter pad daar met die hoë oktaan motor gery word. Dit is die nuus wat in Suid-Afrika nog nie die hoofbulletin gehaal het nie. Meer as een soort Kuyper-kaping het al buite Suid-Afrika plaasgevind. Die kapers word nogal maklik herken aan die rigting wat hulle met Kuyper inslaan. Die Kuyper karretjie kan skynbaar op beide konserwatiewe en liberale bane ry. Gaan kyk maar net waar het die Kanadese al met Kuyper gery (wenk: moenie die goud tusen-in mis nie). En as die karretjie nie meer verder op die ingeslane weg kan ry nie, word hy omgebou. Daar bestaan K-modelle (konserwatief), L-modelle (liberal) en deesdae selfs P- modelle (postmodern).

Genadiglik is daar deesdae ook ’n wêreldwye oplewing van NCW modelle. Laasgenoemde staan vir neo-Calvinisme wêreldwyd. As opvolger op die P-model bied dit bevredigende antwoorde oor waarom Kuyper vandag relevanter as ooit is. Ook die APK en NGK staan met nuwe ore en belangstelling nader.