C.S. Lewis is, nadat ons 'n paar kwalifikasies aangebring het, 'n Totius
ontmoet N.P. van Wyk Louw ontmoet Langenhoven tipe figuur. Sy volle statuur het
SA skynbaar nooit getref nie. Calvynse stofmannetjies klink anders, beslis meer
joviaal, as hulle saam met Lewis iets gaan drink het. Bring gerus hierdie skakel onder jou dominee se aandag. Dit is die nasionale Desiring God konferensie wat onlangs gehou is. Dit het gehandel oor die bydrae van Lewis as romantiese rasionalis. Hoe bevoorreg is ons nie om deesdae so gemaklik op hierdie tipe byeenkomste in te luister nie. Hier is nou klanke wat ek nie eintlik in Suid-Afrika hoor nie. Wenk: Begin met Piper vir konteks en maak
seker dat jy nie vir Wilson en Vanhoozer, ja die hele bende, mis nie. Die paneelbespreking aan die einde is 'n gepaste kersie op 'n roomkoek.
Wys tans plasings met die etiket Langenhoven. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Langenhoven. Wys alle plasings
2013/10/02
2013/07/29
Langenhoven skryf postmodernisties
Die manier waarop Langenhoven skryf, is basies postmodernisties. Hy doen dit anders – op die teenoorgestelde manier eerder as die konvensionele manier – en dit wys dat hy by die gewone kon verbykyk en die onverwagte kon sien. Langenhoven het baie oor kwantumteorie van daardie era gelees en dat dit ook bewyse is van sy moderne uitkyk op die lewe. Ek sou graag wou gehad het dat hy saam met Steven Spielberg gewerk het. Dit sou baie interessante dinge opgelewer het." - André P. Brink
Teken in op:
Plasings (Atom)