Wys tans plasings met die etiket Digtoertjies. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Digtoertjies. Wys alle plasings

2011/07/31

Terneergedruk?

Goeie raad vir depressie
is om weg te kyk na Hom
wat bo jou gevoelens uit blom
in die ware verhaal so groot
dat sy Storie ook jou storie
intrek, uittrek, aantrek;
beklee as in Christus opgemerk
in die ruimtes van God se digwerk.