Wys tans plasings met die etiket Radio oordenkings; Genesis; verbond; goeie stryd. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Radio oordenkings; Genesis; verbond; goeie stryd. Wys alle plasings

2024/01/26

Oor vrees, wapenrusting en loon

In Gen15: 1 lees ons:

“Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in ʼn gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ʼn skild en jou loon is baie groot.”

Hierdie beloftes aan die vader van die gelowiges is steeds van krag vir gelowiges wat in die voetspore van Abraham wandel. Dit beteken vandag dat ook jy in die verbond met God, soos vervul in Christus, leef. Kom ons deel God se grootste woorde vir sy Kerk, elke verbondskind en selfs elke verbondsvolk, op in die verskillende dele wat in hierdie vers na ons kom:

  • 1.      Vrees nie.
  • 2.       Ek is vir jou ’n skild
  • 3.       Jou loon is baie groot.