In sy kompakte werk, Peoples and Empires, gee Anthony Pagden 'n insiggewende historiese oorsig oor die wêreldgeskiedenis deur die lens van "Empires". Hierdie geskiedenis strek vanaf die Griekse Ryk tot en met vandag. Redelik aan die einde van sy werk (vgl p.162, 166) praat hy oor die fenomeen van volkskap dwarsoor die wereld.
Pagden praat onder meer oor die feit dat dat volkere oor die wêreld heen die les op 'n harde manier moes leer nadat hulle van imperialisme bevry is - dat anti-kolonialisme en kollektiewe identiteit nie dieselfde ding is nie. Dit is eenvoudig nie so maklik om van iemand 'n burger van 'n bepaalde nasiestaat te maak as jy volkereverskille in ag neem nie, sê Pagden. Vry vertaal sê hy verder die volgende:
