Gedagte vir kinders: Hulle wat in Jesus glo,
sonder dat hulle Hom gesien het, is baie gelukkig.
Oorsig: Die Here Jesus het uit die dood opgestaan op
die eerste dag van die week. Op daardie dag, in die aand, het die dissipels
bymekaar gekom en die deure gesluit uit vrees vir die Jode. Maar Jesus het
skielik in hulle midde gestaan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” Daarna het
Hy sy hande en sy gewys om te bevestig dat dit Hy was, en toe was die dissipels
verskriklik bly (v. 19-20). Die Here Jesus het toe weer vir ’n tweede keer vir hulle
gesê: “Vrede vir julle!” En Hy het hulle toe ’n opdrag gegee: “Soos die Vader
My gestuur het, stuur ek julle ook.” Daarna het Hy op hulle geblaas en gesê:
“Ontvang die Heilige Gees.” (v.21-22). Hy het vir hulle gesê dat as hulle die
mense hulle sondes vergewe, dan sou dit vergewe word, en as hulle die mense se
sondes teen hulle hou, sou dit teen hulle gehou word (v.23; vgl. Mt. 16:19).
Thomas, wat
een van die 12 apostels was en Didimus (tweeling) genoem is, was nie saam daar
toe dit gebeur het nie. Toe die ander hom vertel dat hulle die Here gesien het,
het hy in ongeloof geantwoord dat as hy nie die merke van die spykers en die
spies sien aan sy hande en sy sien en daaraan raak nie, sal hy nooit glo nie
(v.24-25). En toe kom die Here Jesus Thomas se ongeloof sowaar tegemoet. Want
agt dae daarna (sewe dae in ons taal, want die Jode het die dag wat dit gebeur
het saamgetel), met ander woorde weer op die eerste dag van die week, het dit weer
gebeur. Die dissipels was saam met Thomas binne met die deure gesluit. En Jesus
het gekom en in hul midde gestaan en weer gesê: “Vrede vir julle!” (v.26).
Daarna het
Hy vir Thomas gesê om sy vinger te bring en in sy hande te kyk, en om sy hand
in sy sy te steek. En Hy het hom opgeroep om nie ongelowig te wees nie, maar
gelowig. Thomas het Hom geantwoord (let wel, nie maar bloot ’n uitroep in die
lug gegee nie): My Here en my God! (v.27-28). Daarmee het hy bely dat Jesus God
is, soos Johannes reeds in die eerste hoofstuk gesê het (1:1). Hy het daarmee ook
bely dat Jesus sy persoonlike (“’my”) Here en God is. Die Here Jesus het toe
vir Thomas gesê dat hy geglo het omdat hy gesien het, en toe ’n saligspreking uitgespreek:
Salig is elkeen wat Hom nie gesien het nie en tog geglo het (v.29). So het Hy
’n saligspreking uitgespreek oor elkeen, ook ons, wat nog sou glo. Johannes
gaan dan voort en vertel dat die Here Jesus nog baie ander wonders (“tekens”)
gedoen het wat hy nie vertel het nie. Dit wat hy wel vertel het, se doel is dat
die lesers kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat ons deur
te glo, die lewe kan hê in sy Naam (v.30-31).
Besprekingsvraag: Watter waarde het die ongelowige Thomas vir ons?
Insig: Die Here Jesus verskyn twee keer op die eerste dag van die week aan die dissipels, in hulle midde. So vestig Hy ’n beeld van wanneer, waar en hoe die Here Jesus Homself steeds besonders openbaar: