2013/08/10

Reformasie en troebel tye

Ons reken mos maklik dat ons tydsgewrig ’n revolusionêre tydvak is. 'n Mens is egter maklik in die versoeking om die belang van jou eie tyd te oorskat. Hier is net so 'n kort herinnering aan die turbulente tye van die Reformasie. Dit kan miskien help om die bysiende kyk op ons eie situasie te verlig deur kenis te neem van onstuimige toestande buite ons tydsradars. Mathison (p. 83) beskryf die rustelose toestande ten tye van die Reformasie so:

"Virtually every aspect of life in Western Europe experienced upheaval in the sixteenth century, the likes of which had not been seen since the fall of Rome. The Renaissance was changing the way men thought about themselves and the world. The political structure of Europe was painfully shifting under the weight of an emerging nationalism. The economy was gradually transforming from the old guild system to a nascent capitalism. The discovery and exploration of the new world was expanding man’s geographical horizons. The use of the printing press was expanding his intellectual horizons. In the midst of this were heard cries for reform in the Church, cries which could not and would not be ignored."

Hierby sou ook gevoeg kon word die nuwe industrieë wat ontstaan het met die invoer van edelmetale uit die Spaanse ryk, asook die ontdekkings en uitvindings in wetenskap en tegnologie wat die era van wetenskap ingelei het. Verder was Europa bedreig deur die opmars van die Turke op ’n skaal wat ongekend was sedert die vroeë Middeleeue (vgl. Amos in die The Cambridge Companion to John Calvin, p. 206).

Te midde van hierdie toestande het reformasie in die kerk uitgebreek. Reformasie het nie noodwendig rustige tye nodig nie.