2012/06/20

Ons sonde aan flarde

In 'n vorige aflewering was sprake van die plofkrag van ware bekering. Kom ons kyk na die plofkrag uit 'n ander hoek - die oorsprong van die plofkrag. Ek en jy het meer as kernplofkrag nodig as ons wil hoop om ware bekering te ken. Die goeie nuus is dat dit presies is wat die evangelie van Jesus Christus bied. Lees hier as jy weer 'n behoefte het om te weet dat jou sonde, hoe groot ook al, aan flarde geskiet kan word. Sterker gestel, lees biddend as jy behoefte het aan 'n boodskap wat jou ou mens (weer) voor die evangeliese kernmissiel plaas. Die Bybel praat van uitdelging en ontsondiging van ons sonde (vgl. Ps. 51:3,9). En dit liewe vriend/vriendin, is die rede waarom daar vir jou en vir my hoop is.