Indien jy Lukas nuut wil lees en hulp nodig het, kan Gil Bailie jou dalk help. Vergun my om jou te prik met n paar gedagtes en dan oor een saak dieper te delf.
Die geboorteverhaal van Christus bevat instruksies oor hoe om Lukas te lees. Dit is eintlik alreeds 'n mini-evangelie. Die evangelie word verder so vertel dat jy dit nie net een keer kan lees nie. As jy klaar is, wil jy teruggaan omdat jy nou sekere beskrywings in 'n nuwe lig lees. En elke keer wanneer jy klaar is, gebeur die dieselfde proses van voor af! Om die evangeliebeskrywing reg te lees beteken verder nie in die eerste plek 'n literêre of filosofiese of teologiese analise nie. Lukas impliseer dat ons soos Maria te werk moet gaan: Bewaar dit in jou hart. Moenie in die slaggat van die Verligtingsrasionalisme trap nie.
Een van die verrassende dinge wat ons vinnig in Lukas begroet is hoe hierdie skrywer wat op die heidene, randfigure en vroue fokus, met die Ou Testament omgaan. Dit wemel van Ou Testamentiese verwysings in die lofsange van die mense in die geboorteverhaal. Selfs heidene en randfigure moet weet dat die wortels van die Ou Testament die konteks bied om sin te maak van wat hier gebeur. Bailie maak dan 'n insiggewende stelling: Egte vernuwing kom altyd uit die tradisie en nie vanuit 'n ander plek nie. Die implikasie is dat die verhouding Ou en Nuwe Testament vir ons die arche-tipe hiervan is.

Kom ons fokus dieper op Bailie se woorde: Ware vernuwing kom altyd deurdat jy op 'n dieper vlak peins oor die tradisie waaruit jy gekom het. 'n Mens sou kon argumenteer dat die arche-tipe vernuwing inderdaad aan ons leidrade verskaf van hoe ware vernuwing werk, maar dan is dit eers nodig om die gunsteling gonswoord van afvallige Bybelverklaarders te dekonstrueer.