2023/01/20

Heerskappy wat lig, vrede en vreugde bring

Lees: Jes. 8:23-9:1-6

Gedagte vir kinders: Die Here Jesus se heerskappy bring volmaakte vrede en geluk.

Oorsig: Die profeet Jesaja het God se oordeel in hoofstuk 8 aangekondig en gesê dat hulle vyand uit die Noorde sou inval om Israel en Juda in te neem. Maar nou verkondig Jesaja ook goeie nuus. Hy profeteer van ’n tyd waar dit nie langer donker sal wees soos toe God die stamme in die Noorde, Sebulon en Naftali, begin verneder het nie. Want God sou daardie dele eerste in ere herstel, onder meer die weg na die see wat ’n gewilde roete was vir die nasies, die deel wat tot oorkant die Jordaan gestrek het en wat ook die gebied van die heidene genoem is (8:23 - sommige vertaal dit met “Galilea van die heidene” soos bv. ook Mat. 4:15).

Jesaja profeteer dan verder dat daardie volk wat in duisternis geleef (gewandel ) het, ’n groot lig gesien het. Hy praat in die verlede tyd om te wys hoe vas en seker dit sal gebeur. Ja, hierdie volk wat woon in die land van doodskaduwee, oor hulle het ’n lig geskyn (v.1). Jesaja vertel dan dat God die nasie baie gemaak het en vertel vier keer, onder meer deur beelde van oestyd en oorlog-einde, van groot blydskap: (1) Mense se vreugde is groot gemaak; (2) hulle is vrolik voor God se aangesig, (3) soos iemand vrolik is in die oestyd, (4) soos iemand juig as die buit verdeel word as die oorlog verby is (v.2). Jesaja gebruik dan beelde van die bevryding uit die slawerny uit Egipte van hierdie nuwe bevryding: Die juk wat gedruk het, die stok op die rug, die roede van die drywer, is verbreek. Hy vergelyk dit ook met die bevryding wat die volk later beleef het toe God hulle hulle deur Gideon van die Midianiete bevry het (v.3). Hy wys ook daarop dat elke soldateskoen en uniform wat vol bloed is, in die vuur gegooi sal word (v.4).

En dan gee Jesaja die rede waarom dit sal gebeur: ’n Kind is gebore en deur God vir ons gegee. Die heerskappy is op sy skouer en Hy sal genoem word met verskillende name wat vir ons ’n idee gee van sy Persoon en werk wat natuurlik net die Messias kan wees. 

Die naam, Wonderbare Raadsman, wys op sy bonatuurlike wysheid en berading, beter as Salomo, wat ons help om die groter prentjie te sien. Sterke God dui op daarop hoe kragtig Hy die ware verlossing bring. Ewige Vader dui daarop dat ons Hy die nuwe verbondshoof is. Vredevors (Vors van vrede) dui op die volkome harmonie (shalom) wat Hy bewerk (v.5). Sy heerskappy sal vermeerder en uitbrei en vrede sonder einde bring as die ware opvolger op die troon van Dawid. Hy sal dit bevestig deur reg en geregtigheid en dit sal vir altyd wees. En nie mense nie, maar die Here se ywer en getrouheid self sal sorg en seker maak dat dit alles wel gebeur (v.6).

Besprekingsvraag: Waarom is die Here Jesus se heerskappy goeie nuus vir die mensdom?

Insig: Die lig wat begin skyn, gebeur deur God se ywer (v.6). Dit is hier so seker dat daar hieroor in die verlede tyd gepraat word, selfs toe dit nog donker was. Ons word daarom ook opgeroep om in situasies van donkerte, God se kragtige beloftes te sien en daaraan vas te hou. Die Lig het ook reeds begin skyn, oor Israel en ons duisternis. Ja, dit was donker tydens die inval van Assirië in Galilea wat skynbaar van die begin af heidense invloed gehad het. Die stamme, Sebulon en Naftali, kon van die begin af nie die oorwinning van die Here deurvoer nie en is later selfs as veragtelik en goed-vir-niks beskou. (vgl. Rigt. 1:30; 1 Kon. 9:11-13). Hulle het weliswaar reeds onder Gideon iets van oorwinning oor die Midianiete gesmaak wat net uit God was (vgl. v.3; Rigt. 7:2), maar het gou teruggeval en is later eerste vanuit die Noorde deur Assirië ingeneem. Maar die Here se ywer sou sorg dat die lig nogtans meer kragtig as ooit sou deurbreek daar waar die duisternis begin het in Galilea. Hoe kragtig het Jesus Christus nie daar begin opgetree nie. Die goeie nuus van die evangelie is dat God nogtans lig bring waar ons die duisternis oor ons laat toesak het.

Wat doen God? ’n Seun sou gebore word (v. 5). Maar om ons ook iets van die Goddelike genade daarvan te laat besef, hoor ons net daarna dat hierdie Seun aan ons gegee word. Die name waarmee Hy genoem word, laat ons besef dat dit net die Messias kan wees. “Wonderbare Raadsman” dui op sy bo-natuurlike vermoë om met wysheid te regeer. “Sterke God” dui op sy Persoon en werk en laat ons sy Godheid vermoed, want niemand anders is so genoem nie. “Ewige Vader” dui op die verhouding tot ons. Hy laat ons in die nuwe verbond gebore word sodat ons nou nie uit Adam nie, maar uit Christus mag wees. “Vredevors” dui op die effek van sy heerskappy - dat ons vrede met God en met mekaar mag hê en daarom algehele welstand (shalom) mag beleef. Dit is opvallend dat hierdie toestand ook telkens met vreugde beskryf word. Dit gaan oor ’n vreugde van slawerny wat verby is. Die juk dui op ’n toestand en die roede en stok op verdere beproewing. Dit alles is vir altyd verby. Die buit na die oorlog dui op die oorvloed waarin ons mag deel op grond van Christus se oorwinning. God se ywer het dit waar gemaak. ’n Kind is gebore – die grootste gebeurtenis in die geskiedenis van die mensdom. En Hy het ’n nuwe orde ingebring wat nooit weer sal wyk nie. Die las kan van ons afval, want die heerskappy is op sy skouers en Hy besit al die kwaliteite om dit nie net in te bring nie, maar vir altyd te laat standhou (v.6). Daarom is die lig wat Hy bring sulke goeie nuus. Daarom word ons opgeroep om nou reeds aan sy heerskappy oor te gee.  

Werke geraadpleeg:

Tim Chester, Isaiah for You.

J. Alec Motyer, Isaiah, Tyndale Old Testament Commentaries

John N Oswalt, NIV Application.

John Bergsma, The Word of the Lord. Year A.

Matthew Henry.

John Gill

Oor Joodse interpretasie en 'n antwoord daarop,vgl: https://jewsforjesus.org/messianic-prophecies/the-messiah-would-be-the-wonderful-counselor-mighty-god-everlasting-father-and-prince-of-peace

John Gill stel die volgende in Jes. 9:6 teenoor diegene wat iemand anders as Jesus Christus wil sien in die uitsprake:

"...all which is owing to the child here said to be born, by whom we are to understand the Messiah; as the Targum interprets it; and not Hezekiah, as many of the Jewish writers (n) apply it; who could never be represented as a child just born, when he was, at least, ten or eleven years of age when this prophecy was given out, and twenty nine when Sennacherib came up with his army against him, as Aben Ezra observes; to which time he and others refer the context; nor can any reason be assigned why he should be called a "son", in such a peculiar and unusual manner; nor can it be said of him, that he was the great light which shined upon the inhabitants of Galilee; nor was his birth the occasion of so great joy as the birth of this child is said to be; nor can it, with any justness, be said of him, that of the increase of his government and peace there was no end; seeing his government only extended to the two tribes of Benjamin and Judah, and his reign was but twenty nine years, and for the most part attended with affliction, oppression, and war; besides, the many august titles here used cannot be ascribed unto him, nor to any mere creature whatever (o); but everything agrees with Christ; and to him it is applied, even by some ancient and modern writers among the Jews (p) themselves. This clause respects his humanity, his incarnation and birth, which is spoken of in the present tense, though future, because of the certainty of it; that he should really become man, assume a true body, and a reasonable soul, partake of the same flesh and blood with the children, be made flesh, and dwell among us: and this was to us, לנו, "for us": for our good, for our profit and advantage; not for angels, but for men; for the saints under the Old Testament, and under the New; for all his people, his brethren, and children; that they might have a sanctified nature; that law and justice might be satisfied in that nature which had sinned, and Satan be ruined by it, which he himself had ruined; and that Christ might be a fit Mediator and Redeemer of his people, and be capable of executing his several offices to our advantage; his priestly office, by satisfying and interceding for us; his prophetic office, by teaching us; and his kingly office, by ruling over us; and that he might answer the relations he stands in of a father, husband, brother, and friend..."

Vir 'n goeie verbandlegging tussen 'n eerste vervulling in die profeet se eie tyd en die finale vervulling in Jesus Christus, vgl. https://thirdmill.org/magazine/article.asp/link/gra_song%5EOT.Grace_Song_article.html/at/Hezekiah%20or%20Jesus:%20Who%20is%20the%20Child%20of%20Isaiah%C2%A09:6-7/