2012/02/27
Soveel tale jy kan ...
Die spreekwoord lui: "soveel tale jy kan, sovele male 'n man". Wel, dan is hiperpoliglotte seker die opperste mans. Blykbaar is 'n hiperpoliglot iemand wat tien tale of meer kan praat. Alex Rawlings van Oxford in Engeland was onlangs in die nuus nadat hy aangewys is as die mees meertalige student in Brittanje. Wat dit vir ons so interessant maak, is dat Afrikaans een van die tale is. Geniet sommer net hierdie ou se gawes in die volgende insetsel.
2012/02/09
Nog iets oor die sosiale media
Die vorige pos het verwys na die positiewe en negatiewe aspekte van die sosiale media. Hier is nog 'n insetsel (in 'n ander medium) wat daarby aansluit.
Session #3: "Christian Ministers & The New Media" from Canon Wired on Vimeo.
2012/02/07
Jy, jou gesin en sosiale media
Ds. Slabbert le Cornu gee hier belangrike inligting deur oor die reformatoriese gebruik van sosiale media. Enige mens en enige gesin wat regtig glo in die heerskappy van Christus oor elke duimbreedte van ons bestaan behoort so 'n inligtingstuk met albei hande aan te gryp.
2012/02/04
'n Fasinerende gesprek
Hier is 'n fasinerende gesprek tussen twee van die leiers in die Calvinisties evangeliese kringe op ons planeet - John Piper en Douglas Wilson. Hulle aanslag is verskillend en tog ook so dieselfde. Hoe wonderlik dat ons vandag baie makliker op sulke gesprekke kan inluister en opgebou en bemoedig kan word.
2012/01/17
Ons is maanmense
- Waarom ontstaan daar soms die eienaardigste vetes in gesinne en kerke?
- Waarom is massa-histerie aansteeklik, selfs al probeer jy daarteen veg?
- Waarom gebeur dit soms dat 'n hele kolfspan in krieket in duie stort?
- Waarom fikseer mense in liefdesake so maklik op die skynbaar onbereikbare ster?
- Waarom is "keeping up with the Joneses" 'n fenomeen onder elke klas?
- Waarom sal kinders in 'n kamer vol speelgoed oor een speelding baklei?
Die eenvoudige antwoord is natuurlik sonde of gebrokenheid, maar soms moet ons meer spesifiek wees. Girard meen dit gaan fundamenteel oor nabootsing van begeertes. Ek dink dat Girard se teorie so raak in baie gevalle is omdat sy teorie die eerste en laaste gebod verreken. Die beteken dat die kwessie oor afgode en begeerte in sy teorie verreken word, tesame met die feit dat die Skrif ons leer dat ons beelddraers is. Ons reflekteer altyd. Ons is nie, soos wat ons graag sou wou dink, 'n onafhanklike sonnige self nie. Nee, ons is eerder maanmense wat lig reflekteer. En as ons nie beeld van die Son van geregtigheid reflekteer nie, reflekteer ons 'n ander beeld en begeerte. Girard stel dat ons nie individue is nie, maar eerder interdividuals. Ons is minder oorspronklik en meer aangewese op mekaar as wat ons dink. Dit in kort, dink ek, is waaroor Girard se teorie gaan as ons die positiewe sy daarvan wil gebruik.
Wat die Girard omie (hy leef nog en is tans op pad negentig toe) sê, klink eintlik so eenvoudig. Dit begin alles met die feit dat ons nabootsers is van die eerste water - gewillig en onwillig. Soos kindertjies wat almal baklei vir dieselfde speelding, so bly ons in ons begeertes besig met mekaar as rolmodelle vir ons ons begeertes. Jy dink jy wil graag daardie hierdie en daardie ding hê, maar as jy eerlik is, sê Girard, is jou optrede en begeerte dikwels aangevuur deur iemand anders.
2012/01/01
Sms vir 2012
"Jy kan die horlosie nie terugdraai nie, maar jy kan dit vir seker weer opwen."
Die hoe is natuurlik die belangrike saak. Ek dink dit het iets te make daarmee om nie op te wen met 'n klomp voornemens nie, maar wel om opstandingskrag, opwinding en opwen te waardeer as iets en Iemand waarin en in Wie se arms ek en jy telkens weer gewerp word. Onthou: Die lewe word nie gemeet aan hoe vol jou emmertjie is nie, maar aan hoe vol die oseaan van God se genade in Christus is.
Die hoe is natuurlik die belangrike saak. Ek dink dit het iets te make daarmee om nie op te wen met 'n klomp voornemens nie, maar wel om opstandingskrag, opwinding en opwen te waardeer as iets en Iemand waarin en in Wie se arms ek en jy telkens weer gewerp word. Onthou: Die lewe word nie gemeet aan hoe vol jou emmertjie is nie, maar aan hoe vol die oseaan van God se genade in Christus is.
Teken in op:
Plasings (Atom)