Kevin DeYoung het bepaalde simpatie met die Belhar-belydenis. En tog het hy uiteindelik fundamentele probleme daarmee. Kyk hier, hier, hier, hier en hier om 'n opinie en verwysings uit die buiteland te kry van iemand wat van binne uit reformatories daarmee moes worstel. Glo dit of nie, maar binne sy eie kerkverband is die Belhar-belydenis daar ver oor die waters aanvaar. DeYoung kan die konsekwensies tussen die lyne lees, veral as hy bekende teoloë in Suid-Afrika se interpretasie sommer bo-op die die lyne sien kronkel. DeYoung eien die trajek van die meta-narratief treffend. En wat hy sien, lyk vir hom gekondisioneer deur alte bekende Zeitgeist-walms. Miskien sal iemand van buite af 'n gewigtiger impak hê op onse mense wat die reuk van politieke korrektheid al heeltemal te gewoond geraak het.
2013/09/17
2013/09/10
Genade moet skoon gedrink word
Robert Farrar Capon is onlangs oorlede. Kyk hier, hier en hier om jou aptyt vir die man se werk aan te wakker. Ek het een van sy bekende aanhalings oor die Reformasie vertaal vir ons kerkblad. Capon laat ons besef dat die Reformasie nie as opgewarmde kos bedien kan word nie. Ons het nodig om in die gloed daarvan te gaan staan as ons dit vars wil opskep. Hier is dan nou 'n poging om Capon in Afrikaans te laat praat oor daardie woord wat bedoel is om ons 'n geseënde dwarsklap te gee:
2013/09/06
La Tua Semplicità - Domingo en Groban
Hierdie lied is afkomstig van die album "Amore Infinito: Songs Inspired by the Poems of John Paul II."
Die Engelse vertaling is blykbaar nie heeltemal akkuraat nie, maar gee darem 'n idee van waaroor dit gaan. Hier is nou vir ons 'n voorbeeld van hoe om duiwels uit te dryf.
2013/08/28
Niemand anders verdien dit nie
Dit is die moeite werd om daarop te let dat die woord verlosser in die Nuwe Testament agt keer op God van toepassing gemaak word, op Jesus sestien keer, en op hoegenaamd niemand anders nie, nooit nie. En tog was die Griekse woord soter (verlosser) 'n redelik algemene term in die klassieke wêreld. Dit is as eretitel op beide menslike konings en militêre oorwinnaars toegepas, asook op die groot gode en helde van die mitologie. Maar dit gebeur nie in Nuwe Testamentiese Christenskap nie. "Verlossing behoort aan ons God wat op die troon sit ... en aan die Lam" (Op. 7:10). Niemand anders verdien eers die woordeskat nie. - Christopher J. H. Wright in The Mission of God, p. 120.
2013/08/23
Skuld, skaamte, vrees
Kom ons neem voorbeelde van huidige nuusmakers. Hoe uiteenlopend die sake van Oscar Pistorius en Egipte mag wees, hulle het ook baie te make met die ratwerk van Oscar en die Egiptenare se omgewings. Daardeur word onreg deur individue nie verskoon nie, en ons kan steeds
dankbaar wees dat daar instellings is wat, hoe gebroke ook al, in Egipte en in
Suid-Afrika nog poog om deur ’n regstelsel persoonlike verantwoordelikheid te toets. Dit gaan nou nie hier oor ’n poging om regter te probeer
speel nie. Ons laat dit oor aan diegene wat daarvoor geroep is. Die fokus hier is
om te vra wat gaan aan in die hart van gemeenskappe wat deur hierdie dinge
gekenmerk word. Hierdie vraag kan maklik op twee wyses die punt ignoreer. Danie
Goosen het onlangs daarop gewys dat ’n liberale idee van vryheid op twee wyses hieroor kan mistas. Jy kan of die verband van 'n gemeenskap met die individu te veelseggend of te niksseggend maak. Bewus van hierdie skeeftrekkkings, kom ons probeer die roeringe van gemeenskappe peil deur te fokus op die invloed van drie groot werklikhede: skuld,
skaamte, en vrees.
Etikette:
heiliging,
kultuur,
Psigo-politiek,
regverdiging
2013/08/20
Blomkamp en Elysium
Ek oefen my Boere-Ingels, bloot omdat ek dit reeds op fakebook moes doen, hier vir 'n paragraaf lank oor Neill Blomkamp van District 9-faam se nuwe Elysium. Die skakel wat hier en daar gebied is belangriker. Dit vestig ons aandag daarop dat liberales dalk Blomkamp se dekonstruksie en polities inkorrekte kortribhoue mis.
2013/08/10
Reformasie en troebel tye
Ons reken mos maklik dat ons tydsgewrig ’n revolusionêre tydvak is. 'n Mens is egter maklik in die versoeking om die belang van jou eie tyd te oorskat. Hier is net so 'n kort herinnering aan die turbulente tye van die Reformasie. Dit kan miskien help om die bysiende kyk op ons eie situasie te verlig deur kenis te neem van onstuimige toestande buite ons tydsradars. Mathison (p. 83) beskryf die rustelose toestande
ten tye van die Reformasie so:
Teken in op:
Plasings (Atom)