2011/07/21

Mammon, wellus en die hel

Soms het ons nodig om net weer goed wakker te skrik oor waarom gierigheid en wellus sulke helse implikasies het (sinspeling berekend). Een van ons probleme is dat ons dink dat ons moraliserend hieroor onsself uit die gevaarsones kan praat en selfs preek. Ons kan nie. Bekering in die krag van Christus is nodig. Dit gaan gepaard met siddering vir sonde wanneer ons dit in sy rou werklikheid sien. Hier is 'n boodskap wat ons met geseënde skokterapie hieroor bedien.