2011/07/04

Mag bedorwe, ook in Star Trek

Lord Acton is baie bekend vir die uitdrukking: "Power tends to corrupt, and absolute power corrupts absolutely." Ja, dit geld vir jou en my ook. Tensy jy natuurlik nog nooit die realiteit van Ps. 51:7 in jouself raakgesien het nie. Lord Acton se slagspreuk is een van die groot redes vir die bestaan van die Acton Institute, 'n dinktenk wat hulle beywer vir 'n vrye ekonomie en 'n bevrydende godsdiens in alle lande. Slagspreuke is kragtig. Wanneer dit boonop in narratiewe formaat in films ingespan word, verkry dit verdere slaankrag. Mymer gerus so 'n bietjie oor Lord Acton se bekende uitdrukking deur middel van meegaande insetsel (waarop die Acton Instituut met graagte wys) uit Star Trek: The Next Genereration, Episode 10 van die eerste seisoen met die titel: "Hide and Q".

Die rimpeleffekte van hierdie eenvoudige waarheid is verstommend. Gaan besoek maar die Acton Instituut om die rimpelings duideliker onder oë te kry.