2011/12/25
2011/12/02
Hoe om jou deuntjie te verander
Reeds hier is verwys na die feit dat dit nie werk om iemand bloot met 'n Psalmbundel oor die kop te slaan nie. Lees dit gerus weer vir agtergrond op hierdie possie. Dit was my voorreg om onlangs aan Michael Lefebvre se eenvoudige, dog diepgrypende boekie te smul: Singing the Songs of Jesus: Revisiting the Psalms. Dit is hier beskikbaar. Wat 'n werwende boekie! So sal jy mense winnend oortuig dat die Psalms inderdaad die ruggraat van ons kerksang behoort uit te maak.
Lefebvre gaan oortuigend te werk om ons vir die standpunt te win dat wanneer jy die Psalms sing, sing jy die liedere van Jesus Christus met Hom - die Koning self - as jou sangleier. Hy toon aan hoe ons in die Psalms moet onderskei tussen die woorde wat die Koning aan God sing, wat die Koning aan ons sing, wat mense tot God sing, wat mense tot die Koning sing, ja ook wat die mense vir mekaar toesing. Anders gestel, die Psalms is verbondsmatige oefeninge - lofprysende gesprekke waarin ons saam met ander gelowiges en die Drie-enige God, alles gesentreer in die Middelaarskap van Christus, verkeer. Ja, sê Lefebvre, selfs die Psalms wat spreek van bekering sing implisiet saam met Hom in wie ons alleen waarlik vind dat bekering ons vind.
Lefebrve toon aan die lofprysing van die Psalms dikwels die einddoel is, maar dat dit nie in alleenstaande sin verstaan kan word nie. Daar is dikwels verwarring, nood en ontnugterende omstandighede waardeur jy eers moet werk voordat jy by lofprysing kan uitkom. Die Psalms is genademiddele om ons te dra tot by die punt van lofprysing, selfs al voel ons nie aanvanklik so nie. Met beelde wat jou lank bybly (soos die een wat nou kom) verduidelik Lefebvre op 'n vars wyse hoe die Psalms ons sterk veiligheidstoue is wat maak dat ons die bergpieke van die lewe kan aandurf tot ons eendag voor die aangesig van God verskyn.
2011/11/27
Die ruggraat van kerksang
Indien jy wil weet waarom Psalms so belangrik is in die lewe van die Kerk, lees hier. Indien jy dalk dink dat Psalmsang dor en dooierig is, kyk na die insetsel hieronder. Psalm 98 is nou nie die bekendste Psalm by baie van ons nie, maar kyk wat word in hierdie insetsel daarmee gemaak. Waarskuwing: As jy hierdie insetsel kyk, mag jy dalk aangesteek word. Maar voor jy nie ag slaan op die waarskuwing nie, vergun my die geleentheid om James Hely Hutchinson se inleiding in 'n artikel oor Psalms en lofprysing te vertaal:
"Soos so baie aktiwiteite, is lofprysing vir ons beide natuurlik en onnatuurlik. CS Lewis het eenmaal opgemerk dat die nederigste en tegelyk mees gebalanseerde en ruim geeste die meeste lofsang openbaar tewyl die murmureerders, misplaastes en onvergenoegdes die minste lofsang openbaar. Lofprysing, het hy gekonkludeer, lyk byna asof dit innerlike gesondheid is wat hoorbaar gemaak word. Dit is die natuurlike oorloop van 'n hart wat verlustiging vind in 'n sekere objek (CS Lewis, Reflections, p.80-81). Aan die ander kant, soos Paul Beauchamp skrywe, is lofprysing nie natuurlik vir ons selfsug nie. Indien die boek van Psalms wel dit is wat in die tradisionele Hebreeuse titel beskryf word, "die boek van lofprysing" par excellence, is dit eenvoudig omdat die Psalmiste hulle gedagtes eindelik wegdraai van hulself en op die onderwerp van opperste verlustiging rig - die Skeppergod, Israel se Verlosser, die HERE self. Die noue verband tussen teologie en doksologie tree na vore by elke draai in die Psalms."
2011/11/22
Konserwatiewe en progressiewe impulse
Die etikette "konserwatief" en "liberaal", "konserveer" en "progressief", "linkses" en "regses", sal nie gou verdwyn nie. Die belangrike vraag is egter hoe ons hierdie beskrywings gebruik en bestuur sodat ons nie net in blote brandmerkery verval nie. Twee riglyne hieroor is belangrik.
Eerstens, ons moet nooit vergeet om die volgende minimum vrae saam te neem nie: Konserwatief of liberaal volgens watter standaard? Met watter motief? Met watter eindddoel? Hierdie vrae klink dalk abstrak, maar wie hulle eerlik aan hulself en ander vra sal gou vind dat dit die hele prentjie verander. Dit gee belangrike konteks sodat ons eie blinde kolle darem so 'n bietjie kleiner kan word.
Tweedens, ons moet nooit vergeet dat die evangelie 'n tweesnydende swaard is wat beide konserveerders en progressiewes uitdaag nie. Hier is 'n onlangse vars en insiggewende bydrae wat dit vir ons in terme van die sabbat en die rus in Christus verduidelik. Dit is 'n insiggewende manier om te verduidelik hoe die evangelie weerbarstig is teenoor ons soms geykte hanterings van konserwatief en liberaal en dit bring ons hele kultuur en sosiale gewoontes in die prentjie. Ek dink nie ons kan sommer wegdoen met bogenoemde beskrywings nie. Maar een ding is seker: Ook ons woordeskat en beskrywings moet geheilig en gesuiwer word deur die lewende Woord en evangelie wat ons oorlegginge en gedagtes van die hart beoordeel (vgl. Hebr. 4:12). Die sin van die genoemde artikel is dat dit ons op 'n praktiese vlak uitdaag en aanmoedig. Dit gee nuwe visie oor waarmee ons reeds besig is en ook besig behoort te wees.
2011/11/19
Wat en hoe loop altyd saam
Hierdie gesprek het vir seker ook 'n ander kant, maar ons gaan hier stilstaan by die hand-in-eie-boesem kant. Dit gaan oor hoe mense diegene onder ons beleef wat sterk oortuiginge het. Daar is vir seker dikwels 'n onregverdige en selfs moedswillige karikatuursketsing waaraan Calviniste in sekere situasies onderwerp word, maar dit is nie nou hier die punt nie.
Die punt is: Hoe beleef mense ons wat in die tradisie van Calvyn verder wil stap en op hierdie glorieryke maat nuut wil improviseer vir ons tyd? Ons kan hierdie saak natuurlik ook baie wyer van toepassing maak as net met betrekking tot Calviniste, maar hier is 'n beskrywing wat Calviniste - en natuurlik ook enigiemand anders met sterk oortuigings en optrede - gerus selfondersoekend kan lees. En as jy dit lees en die eerste wat by jou opkom is "ja, maar ...", is dit 'n bewys dat jy nie regtig die punt snap van waaroor dit hier gaan nie.
Die punt is: Hoe beleef mense ons wat in die tradisie van Calvyn verder wil stap en op hierdie glorieryke maat nuut wil improviseer vir ons tyd? Ons kan hierdie saak natuurlik ook baie wyer van toepassing maak as net met betrekking tot Calviniste, maar hier is 'n beskrywing wat Calviniste - en natuurlik ook enigiemand anders met sterk oortuigings en optrede - gerus selfondersoekend kan lees. En as jy dit lees en die eerste wat by jou opkom is "ja, maar ...", is dit 'n bewys dat jy nie regtig die punt snap van waaroor dit hier gaan nie.
As ons eerlik is, moet ons erken dat ons almal geneig is om een deurslaggewende maatstaf te gebruik die oomblik dat ons van stryde hoor waaroor ons self te min weet of bloot oningelig is: Ons kyk hoe die verskillende partye hulle in die proses gedra. Ons kyk ook wie so ver moontlik probeer uitbly uit die kloue van die vleeslike kenmerk van skadelike groepvroming en ons-hulle benaderings binne die kerk van Christus (vgl. 1 Kor 3:1-8). Hoe beleef mense ons wanneer ons verskil? Sien hulle bloot vleeslikheid in al ons tegniese korrektheid? Hoe beleef die teëparty ons wanneer ons verskil?
Daar was volgens oorlewering eenmaal 'n teologiestudent wat 'n leespreek van 'n beroemde prediker vir die gemeente voorgehou het. Om homself waarskynlik ook 'n bietjie te beskerm, het hy in sy eerlikheid erkenning gegee aan die outeur van sy leespreek. Die beroemde prediker was daardie Sondag self in die erediens en het blykbaar na die tyd teleurgesteld na die student gegaan en vir hom gesê: "Broeder, as jy dit op die wyse voordra wat jy dit gedoen het, moet asseblief nie sê dat dit my preek is nie." Ons behoort onsself af te vra of Christus nie dalk ook die volgende vir ons sou sê nie: "Indien dit die wyse is waarop jy/julle My waarheid voorhou, moenie sê dat dit van My afkomstig is nie."
2011/11/17
Dit het jy nie verwag nie
Om die Psalms van begin tot einde te lees dwing ons om ons eie vooropgestelde idees opsy te laat staan. Dit roep ons op om ons eie persepsies as die dryfkrag agter ons blootstelling aan die Psalms opsy te laat lê. Hierdie openheid gebruik God in sy vryheid om ons uit te daag, te konfronteer en, bo alles, om te dop op wyses wat ons nie kan kontroleer of selfs verwag nie.
- Gerald Wilson, p. 245 in Interpreting the Psalms: Issues and Approaches.
- Gerald Wilson, p. 245 in Interpreting the Psalms: Issues and Approaches.
2011/11/16
Riool vs. Rooiwyn
Elke mens hunker na geluk. En ons sal nooit iemand aanraai om daardie hunkering te onderdruk nie. Mense se probleem is nie dat hulle versadiging soek nie, maar dat hulle heeltemal te maklik versadig word. Ons behoort hulle te wys hoe om hulle siele-honger te laat smul aan die genade van God. Ons sal die heerlikheid van God skilder in rojale rooi en geel en blou en die hel sal ons skilder met die dynserige skadu's van grys en steenkool. Ons sal werk daarvan maak om hulle te speen van die melk van die wêreld en hulle in te lei in die rykdom van God se genade en glorie.
- John Piper
- John Piper
2011/11/13
"Gedring" deur hoorsê
Een van die klasse wat ek hierdie kwartaal neem gaan oor die tema van begeerte, verlange en jaloesie in Shakespeare. Belydenis: Met Vrystaatse Ingels het ek eintlik net gehoor van Shakespeare. Deur die klasse hier is ek oortuig: Shakespeare het 'n diep insig gehad in die menslike (sondige) natuur. Daaroor miskien later meer. Hier is egter sommer net ietsie uit die filmweergawe van Much Ado About Nothing. Dit is die lied wat gesing word net voordat Benedick via hoorsê "gedring" word om eerlik met homself te raak oor Beatrice. Daar is 'n hele analise oor die betekenis en plasing van hierdie lied, maar hier is die bedoeling net om vir eers die tenoorstem te geniet.
2011/11/11
Perspektief op Abraham
Die wêreld is nie gered toe God Abraham gekies het nie. Maar toe God Abraham gekies het, was redding net 'n kwessie van tyd.
Peter Leithart
Peter Leithart
2011/11/10
Hoe gaan dit met jou geestesgesondheid?
Ons het almal maar bepaalde maatstawwwe waaraan ons ander meet. Die een is besonder beïndruk met iemand se intellek, 'n ander met iemand se skoonheid, 'n ander met iemand se wysheid, 'n ander met iemand se deugde. Of, as ons maklik geneig is tot afgodiese menseverering (en afguns wat maklik verskuild daarmee saamloop), bind ons sommer al die bogenoemde en nog ander dinge daarmee saam in ons maatstafpakkie in. Dit is miskien reeds 'n bewys dat onsself nie een van die belangrikste maatstawwe vergestalt nie - geestesgesondheid. Hoe meer ek daaraan dink, hoe meer besef ek dat hierdie maatstaf nie naastenby die plek by ons kry wat dit behoort te kry nie. Eintlik is dit vir Christene net 'n ander woord om te sê dat die heil in Christus wat van ons heel en Geesvevulde mense maak, werklik vastrapplek in ons lewe gekry het. Psalmisties gesproke, dat daar in ons harte die gebaande weë is en dat ons die Herder ken wat ons siele verkwik en ons in die spore van geregtigheid lei. Hoe gaan dit met my en jou wat fundamentele geestesgesondheid betref? Hier is tien wenke wat John Piper aan ons gee wat hy in die sewentigerjare van die vorige eeu by 'n mentor van hom gekry het. Dit is aards, prakties en wenke wat ek weet ek nodig het. Hoop dit kan dalk vir 'n paar ander ook iets beteken.
2011/11/07
"Geestelik" vir al die verkeerde redes
Eugene Peterson, parafraseerder van The Message, het in 'n onderhoud woorde kwytgeraak wat ons tot selfondersoek behoort te dring. Hy gebruik die vroulike vebuiging aan die einde, maar hy en ons weet almal dat dit 'n saak is wat elke geslag en alle geslagte raak:
"Dit is die grootste woord wat ons het - verlossing, om gered te wees. Ons is gered van 'n manier van lewe waarin daar geen opstanding was nie. Ons word gered van onsself. Een manier om geestelike lewe te definieer is om so moeg en keelvol vir jouself te raak dat jy voortgaan na iets beter, om Jesus Christus te volg. Maar die oomblik dat ons die geloof begin adverteer in terme van voordele, vergroot ons net die self-probleem. 'Met Christus is jy beter, sterker, aangenamer en geniet jy ekstase.' Maar dit is net meer van die self. In plaas daarvan wil ons hê dat mense so verveeld met hulself raak dat hulle begin om na Jesus Christus te kyk. Ons het almal al 'n sekere soort geestelike mens ontmoet. Sy is 'n wonderlike persoon. Sy het die Here lief. Sy bid en lees die Bybel voortdurend. Maar al waaraan sy dink is haarself. Sy is nie 'n selfsugtige persoon nie. Maar sy is altyd in die sentrum van alles wat sy doen. 'Hoe kan ek beter getuig? Hoe kan ek hierdie ding beter doen? Hoe kan ek hierdie persoon se probleem beter hanteer?' Dit is ek, ek, vermom op 'n wyse wat moeilik is om te sien omdat haar geestelike gesprek ons ontwapen."
2011/11/04
Die niervet en die pruime saam
Die Middeleeue was nie 'n vakkies-periode soos ons s'n nie. Hulle het hul intellek, gevoel, filosofie, romanse, politiek, wetenskaplike en godsdienstige oortuiginge, toesprake, geselsies en kontemporêre besprekings in een ontsaglike en gevarieerde kersfeespoeding gemeng. Hulle het dit ingeneem met watter lepel ook al handig te pas gekom het, die niervet en die pruime saam, en met die aptyt van 'n omnivoor waaroor ons onsself net kan verwonder.
2011/10/30
Oor spieëls, etes en die evangelie
Ons het hierdie afgelope Sondag die Reformasie herdenk en gevier. Daaroor miskien later meer. Hier en hier is solank twee kragtige gedagtes oor die Reformasie se implikasies vir Christene se regverdiging en heiliging. Moenie dat die taal jou afsit nie. Analiseer dit, bedink dit, verwerk dit. Jy sal seën ontvang. Ek en jy het hierdie vermanings nodiger as ons volgende ete.
2011/10/26
2011/10/23
Hoe om van liberale teologie vry te kom
Die woord liberaal kan maklik rondgegooi word om enigiets te tipeer wat jou nie pas nie. Maar oorspronklik beteken liberaal om vry te wil wees. Wie wil dan nie vry wees nie? Ons moet egter telkens vra: vry waarvan, om wat doen, volgens wie se standaarde? Dit is in hierdie sin - vry te probeer wees van die gesag van God se Woord - wat liberale teologie nie sal kan staan in die oordeel nie (Ps. 1:5). Elke poging om die Bybel te probeer lees vanaf 'n standplaas wat op een of ander akademiese of onakademiese wyse probeer neerkyk op die Woord van God en nie arm, verslae van gees en bewend is vir God se Woord nie (vgl. Jes. 66:2), is liberaal in die verdraaide sin. So lees jy nie die Bybel soos een van God se kudde en kerk nie.
Maar kan geleerde teoloë hiervan vry kom as hulle eers hierdeur besmet is? Thomas Oden is nou nie die mees gereformeerde teoloog wat daar is nie, maar een ding is seker: Hy het die dwaalpad van die liberale teologie besef. Eers het elke afdraaipad hom verder en verder in die rigting daarvan gevoer, maar veral deur Augustinus en Wesley het hy tot ander insigte begin kom. Dit kan gebeur. Sterker gestel, as jy werklik God se aangesig soek, of eerder, wanneer Hy jou soek, kan dit nie anders nie. Die Drie-enige God kan deur enige hardnekkigheid breek. As Hy dit aan my en jou kan doen, kan Hy dit aan enigiemand doen. Daar is hoop, selfs en ook vir liberale teoloë. Want God is God. Lees hier meer oor die pad en ander insigte waartoe Thomas Oden gekom het.
2011/10/20
"Uitverkoping, uitverkoping, uitverkoping!"
"Uitverkoping, uitverkoping, uitverkoping!" So het 'n kleurling onbeskaamd in sy snystem uitgeroep toe ons gesin eenmaal op pad Kaap toe iewers stilgehou het. Was die man tog naby om nou te help! Hier is nou werklik 'n uitverkoping wat die moeite werd is. Nog net tot die 21ste van hierdie maand. Bestel gerus en soos iemand onlangs ongeveer gesê het: Neem, eet en drink, en word versadig.
2011/10/17
Ontmoet 'n verbeeldingdokter
Nate Wilson is 'n opkomende Christenskrywer wat op die oomblik sy aandag daarop toespits om veral die verbeeldings van kinders so te voed dat hulle grootoog verwondering oor God en sy wêreld nie taan nie, maar toeneem. Ek het al menigmaal gedink dat sy verhale beter voedsel vir verwondering is as menige teologie-, filosofie-, of motiveringsboek. En tog het ek nog nie daarby uitgekom soos dit hoort nie. Sal 'n plan iewers moet maak. Nate Wilson, of N.D. Wilson soos hy bekend staan in die outeursfeer, het die gawe om jou nuut na bekende dinge te laat kyk en dan te laat wonder hoekom jy dit nie self raakgesien het nie. Hier is 'n bydrae wat hy onlangs vir die bekende webwerf, desiringgod.org, geskryf het en welverdiende aandag trek. Ek het dit probeer vertaal vir diegene wat dit dalk net onder oë sal neem indien dit in onse taal getooi en geplooi is.
Daar is een moontlike misverstand wat sogenaamde "nuwe hervormers" hiermee kan hê en wat ek sou wou noem die kat-aan-die-stert misgissing: Omdat mites en oorgelewerde verhale soms soveel ooreenkomste met die Bybel se ware verhaal vertoon, is dit vir die agterstevoor-kundiges die bevestiging dat die Bybel net nog 'n voorbeeld van mites en sages is. Dit is kat-aan-die-stert logika. Hanteer hierdie kat soos dit hoort op jou skoot en dan verstaan jy dat die Bybel se boodskap so kragtig is dat selfs mites en sages nie kan help om dit na te boots nie. Wanneer hierdie kat van die regte kant benader word, kan dit ons help om beter te begryp in watter WERKLIKE fantasie ONS leef met die (on)gelooflikste ontknoping denkbaar. En soos iemand iewers gesê het: Die beste omtrent hierdie fantasie is dat dit waar is. Mag hierdie bydrae van N.D. Wilson help om jou en my oë oop te spalk vir die krag van die wonder(like) boodskap van die Bybel en daarom ook van verhale aan ons kinders wat daarvan afgelei en daarop geskoei is:
Verhale is sielekos: Moenie jou kinders laat verhonger nie
My kinders het al baie verhale gehoor. Sommige is so in die verbygaan opgemaak (Die Wilson Kinderavonture). Sommige het "hobbits" bevat, sommige apostels, sommige dwergies, en sommige manne wat vasgevang was in verskriklike ooloë (hulle oupagrootjies). My kinders het stories gehoor oor B-17 eskaders, en afweerders wat myne getref het, en hulle oumagrootjie se dierbare vriendin, Corrie Ten Boom. Hulle het verhale gehoor uit die geskiedenis, en hulle het verhale gehoor wat ons fiksie noem. En ek was geseënd om te aanskou hoe hulle oë glinster van vreugde, en hoe hulle jong siele swel en groei met storiekos. Verhale is meer as vermaaklikheid. Moenie diegene vrees wat die liggaam kan vernietig nie - leeus, weermagte, reuse, konings, vuurdemone, keisers, groot rotte, of buurtboelies.
2011/10/13
Armoede: 'n stap in die regte rigting
Die Acton Instituut het onlangs in samewerking met verskeie organisasies 'n internasionale veldtog van stapel gestuur om die alternatief te bied op sovele inisiatiewe wat armoede wil verlig, maar eintlik die teendeel bewerk. Gaan gerus na PovertyCure se webwerf vir meer inligting. Hier is 'n insetsel wat hul basiese doelstellinge verduidelik. Ek het nie alles in detail gelees nie, maar dit lyk ten minste na 'n stap in die regte rigting.
2011/10/11
Kan entrepreneurs soms gevaarlik wees?
’n Samelewing wat algemeenheid kultiveer, wat suspisieus is oor genialiteit, wat meer agting het vir die entrepreneur wat die smaak van die massas bedien as die visionêr wat die geeste van net 'n handjievol uitdaag – so ’n samelewing loop altyd die gevaar om waarde te definieer in terme van onmiddellike aanvraag, eerder as ewigheidsbetekenis.
Ken Myers, in All God’s Children and Blue Suede Shoes. p. 22, 23.
Ken Myers, in All God’s Children and Blue Suede Shoes. p. 22, 23.
2011/10/06
Jy moet, jy kannie ...
Hier is een van die kragtigste proklamasies van die evangelie wat ek in 'n lang tyd gehoor het. As jy 15 minute iewers het - hier is 'n goeie belegging. Maar pasop. Dit beteken my en jou dood ... en lewe.
Sermon Clip: You must, you can't - Jesus did! from Canon Wired on Vimeo.
Die Verheugde Vader, Seun en Heilige Gees
God se wese is verbondsmatig: Vader, Seun en Heilige Gees leef in 'n onophoudelike toewyding aan mekaar en reik uit buite die Godheid om 'n gemeenskap van skepsele te skape wat kan dien as reuse analogie van die Godheid se verhoudinge. Geskape na die beeld van die Drie-enige God is ons van nature uitgaande, interafhanklike verhoudingskeppers wat onsself in ander vind, nie net in onsself nie. Anders as die Persone van die Drie-eenheid, het ons op 'n stadium nie bestaan nie. Maar toe God besluit het om te skape, was sy bevel nie die van 'n eensame monarg nie, maar van 'n verheugde Vader, Seun en Heilige Gees wat 'n kreatuurlike, menslike analogie van hul ewige gee en ontvang verhouding daargestel het. Ons is nie net geskape en daarna eers 'n verbond gegee nie; ons is geskape as verbondsmatige wesens - deelgenote, natuurlik nie in die Godheid nie, maar in die drama wat sou ontvou in die geskiedenis.
Michael Horton in God of Promise, p. 10.
2011/10/03
Hier, nie iewers anders nie
Hierdie taak is aan my opgedra. Daarom is dit 'n geskenk. Daarom is dit 'n voorreg. Daarom is dit 'n offer wat ek aan God bring. Daarom behoort dit met blydskap gedoen te word, as dit vir Hom gedoen word. Hier, nie iewers anders nie, mag ek God se weg leer ken. In hierdie taak, nie in iets anders nie, roep God op tot getrouheid.
― Elisabeth Elliot
― Elisabeth Elliot
2011/10/02
Nie 'n hipotetiese verhouding nie
Die verbond is nie 'n hipotetiese verhouding nie, ook nie 'n voorwaardelike posisie nie; dit is eerder 'n vars lewende gemeenskap waarin die krag van genade werksaam is.
Geerhardus Vos
Geerhardus Vos
2011/09/30
Dit is hoe dinge verander
Gebed verander nie sake nie, maar lê beslag op die God wat sake verander.
Ralph Davis, kommentaar op 2 Kon 19.
Ralph Davis, kommentaar op 2 Kon 19.
2011/09/27
Net om onsself?
As ons geregtigheid liefhet wanneer dit om onssself gaan, maar nie wanneer dit om ander gaan nie, is dit onsself wat ons liefhet, nie geregtigheid nie. As ons vryheid liefhet wanneer dit om onsself gaan, en nie wanneer dit om die hele wêreld gaan nie, het ons dit lief as 'n selfsugtige luukse, nie as beginsel nie.
Josiah Strong
Wat reg is, geld oral en vir almal
He's true to God who's true to man ; wherever wrong is done,
To the humblest and the weakest, 'neath the all-beholding sun,
That wrong is also done to us ; and they are slaves most base,
Whose love of right is for themselves, and not for all their race.
aangehaal deur Josiah Strong
To the humblest and the weakest, 'neath the all-beholding sun,
That wrong is also done to us ; and they are slaves most base,
Whose love of right is for themselves, and not for all their race.
aangehaal deur Josiah Strong
2011/09/25
Opgestaan om te verras
Ietsie vir Sondag en die viering van die opstanding:
Dat Jesus lewe beteken dat sy liefde, vervolmaak aan die kruis, nou aktief is om ons te verras. Dat Jesus lewe beteken dat daar 'n onderwerp is wat ons as sy voorwerpe het, en wat vir ons die goeie wil in 'n vryheid wat ver bo ons voorspellings is.
- Robert Jenson, Systematic Theology I, p.199.
Dat Jesus lewe beteken dat sy liefde, vervolmaak aan die kruis, nou aktief is om ons te verras. Dat Jesus lewe beteken dat daar 'n onderwerp is wat ons as sy voorwerpe het, en wat vir ons die goeie wil in 'n vryheid wat ver bo ons voorspellings is.
- Robert Jenson, Systematic Theology I, p.199.
2011/09/22
Die uitbundige land van die Drie-eenheid
Om eenvoudig te weet dat die lewe van God in sigself die lewendigste van alle lewens is, is 'n medisinale korreksie vir ons siek, selfgesentreerde denke - Fred Sanders, in The Deep Things of God, p. 81.
2011/09/21
"'n Persoonlike verhouding met die Here" wat naar maak.
Die uitdrukking "'n persoonlike verhouding met die Here" word dikwels goedbedoeld onder Christene gebruik. Daarmee wil ons aandui dat die verbondsverhouding met God iets persoonliks is wat jou hart opeis. Christenskap is nie maar bloot 'n filosofie of gedragskode waar jou kop en jou hart en jou hande op verskillende kontinente bly en net so nou en dan vir vuisvergaderings byeen kom nie. Nee, Christenskap beteken dat jou wese in beslag geneem is en dat daar 'n wonderlike, intieme en egte verhouding tussen jou en God is. Dit is mos kindertuin kategese, sou baie reken. Of nee, wag: Dit is die enigste kategese wat nodig is. Solank kinders net dit gesnap het, net dit in hul harte geskrywe staan, is alles reg. Kategese met al die leerstellinge en doktrines en dogma kan hierdie proses maklik net belemmer. Persoonlike verhouding, persoonlike verhouding - dit is wat saak maak. So lui die postmoderne kategese, Postmodern Cats 101, 201 en 301 se handleidings.
Maar het die Heidelberg Cats (Heidelbergse Kategismus) dan geen antwoord hierop nie? Hulle het, maar blykbaar wil mense nie meer luister nie. Miskien is dit ons skuld. Ons dis dikwels die HK in rasionalistiese gewaad op en is so abstrak en eksistensieel afgewater as wat kan kom - 'n byna onvergeeflike sonde as jy toevlugsoorde soos Veldkamp, om maar een van die bekendstes te noem, op jou rak het. Dit word vertel dat Abraham Kuyper die kinders so kon boei dat hulle op die punte van hulle stoele gesit het as hy vir hulle kategese gegee het. Gebeur dit nog in ons aanbiedings van die 52 weke? Blykbaar het die vissers van sy eertydse gemeente in die week sy verklaring op die Kategismus, E Voto Dordraceno saam see toe geneem om te bestudeer.
Ek wil dit waag om myself baie bloot te stel. As jy nie die moeite wil doen om die Heidelbergse Katte se waarheid met goeie beplanning, passie en kleur oor te dra nie, of ten minste binne 'n konteks van liefde, warmte en geborgenheid nie - en hier is my kop nou op die blok - los dit liewer heeltemal uit. Laat 'n Arminianis wat die Bybel glo hulle eerder met vuur tot by die troon van genade bring as wat hulle deel word van die gevriesde uitverkiesdes.
Maar ons is nog steeds by tweede (derde, vierde) prys. Daar is die eerste prys of ten minste iets wat baie beter is. Dit is vir seker beter as baie goedbedoelde gebrabbel oor die persoonlike verhouding met die Here. Waarom so sterk hierteen standpunt inneem? Het die eerste paragraaf dan nie by die skrywer self ingesink nie? Dit het en drie hoeras daarvoor. Maar, die begrip persoonlike verhouding met die Here, is op sigself so wyd dat jy met 'n ossewa en selfs 'n paar liberale teoloë bo-op daarbinne kan draai. Die groot vraag is: Hoe spel jy jou persoonlike verhouding met die Here? Dit is die vraag wat al die verskil maak. Kom ons neem 'n voorbeeld: Richard Niebuhr het die liberale teologie se definisie van 'n persoonlike verhouding met die Here by geleentheid so beskrywe:
'n God sonder toorn,
bring mense sonder sonde
in 'n koninkryk sonder oordeel
deur die bedienige van 'n Christus sonder 'n kruis
Dit is ongelukkig hoe baie steeds vandag implisiet 'n verhouding met die Here spel as die Bybel en die HK nie meer funksioneer nie. Sonder om die algemene genade daar te ontken, gaan kyk maar net Oprah-verwante programme. En moenie dink dit gaan nie gepaard met mense wat ernsig is met vroom uitdrukkings daarby nie. Wie wil dan nou stry teen mense wat so gevoelvol hieroor is? Beslis nie die duiwel nie. Want sien, bogenoemde beskrywing is 'n pseudo-verhouding wat naar maak, wat die vrees en geregtigheid van God nie ken nie en nie sidder vir die kake van die hel nie. Beteken dit dat hier 'n pleidooi gelewer word vir die rehabilitering van helleprediking? Soos die gevierde apostel dit stel: Nee, stellig nie! In elk geval nie soos wat dit maklik bloot moralisties verstaan word nie: Wees nou 'n goeie seuntjie of dogtertjie sodat jy nie hel toe hoef te gaan nie. Stellig nie! Maar waarvan ons
Maar het die Heidelberg Cats (Heidelbergse Kategismus) dan geen antwoord hierop nie? Hulle het, maar blykbaar wil mense nie meer luister nie. Miskien is dit ons skuld. Ons dis dikwels die HK in rasionalistiese gewaad op en is so abstrak en eksistensieel afgewater as wat kan kom - 'n byna onvergeeflike sonde as jy toevlugsoorde soos Veldkamp, om maar een van die bekendstes te noem, op jou rak het. Dit word vertel dat Abraham Kuyper die kinders so kon boei dat hulle op die punte van hulle stoele gesit het as hy vir hulle kategese gegee het. Gebeur dit nog in ons aanbiedings van die 52 weke? Blykbaar het die vissers van sy eertydse gemeente in die week sy verklaring op die Kategismus, E Voto Dordraceno saam see toe geneem om te bestudeer.
Ek wil dit waag om myself baie bloot te stel. As jy nie die moeite wil doen om die Heidelbergse Katte se waarheid met goeie beplanning, passie en kleur oor te dra nie, of ten minste binne 'n konteks van liefde, warmte en geborgenheid nie - en hier is my kop nou op die blok - los dit liewer heeltemal uit. Laat 'n Arminianis wat die Bybel glo hulle eerder met vuur tot by die troon van genade bring as wat hulle deel word van die gevriesde uitverkiesdes.
Maar ons is nog steeds by tweede (derde, vierde) prys. Daar is die eerste prys of ten minste iets wat baie beter is. Dit is vir seker beter as baie goedbedoelde gebrabbel oor die persoonlike verhouding met die Here. Waarom so sterk hierteen standpunt inneem? Het die eerste paragraaf dan nie by die skrywer self ingesink nie? Dit het en drie hoeras daarvoor. Maar, die begrip persoonlike verhouding met die Here, is op sigself so wyd dat jy met 'n ossewa en selfs 'n paar liberale teoloë bo-op daarbinne kan draai. Die groot vraag is: Hoe spel jy jou persoonlike verhouding met die Here? Dit is die vraag wat al die verskil maak. Kom ons neem 'n voorbeeld: Richard Niebuhr het die liberale teologie se definisie van 'n persoonlike verhouding met die Here by geleentheid so beskrywe:
'n God sonder toorn,
bring mense sonder sonde
in 'n koninkryk sonder oordeel
deur die bedienige van 'n Christus sonder 'n kruis
Dit is ongelukkig hoe baie steeds vandag implisiet 'n verhouding met die Here spel as die Bybel en die HK nie meer funksioneer nie. Sonder om die algemene genade daar te ontken, gaan kyk maar net Oprah-verwante programme. En moenie dink dit gaan nie gepaard met mense wat ernsig is met vroom uitdrukkings daarby nie. Wie wil dan nou stry teen mense wat so gevoelvol hieroor is? Beslis nie die duiwel nie. Want sien, bogenoemde beskrywing is 'n pseudo-verhouding wat naar maak, wat die vrees en geregtigheid van God nie ken nie en nie sidder vir die kake van die hel nie. Beteken dit dat hier 'n pleidooi gelewer word vir die rehabilitering van helleprediking? Soos die gevierde apostel dit stel: Nee, stellig nie! In elk geval nie soos wat dit maklik bloot moralisties verstaan word nie: Wees nou 'n goeie seuntjie of dogtertjie sodat jy nie hel toe hoef te gaan nie. Stellig nie! Maar waarvan ons
2011/09/11
As Jesus werklik die Here is ...
Probeer om vir eers verby die skets in hierdie insetsel te kyk as dit jou pla. Kyk net waar werk die Here oral in die wêreld. Jesus Christus is inderdaad die Koning en Verlosser van elke duimbreedte van hierdie aarde. Laat hierdie insetsel jou by die omvang van die implikasies uitbring. Dank en erkenning aan In Context bedieninge vir hierdie verwysing.
2011/09/02
Die dinamiek van 'n deftige drieslag
“Bloed, sweet en trane.”
“Vrede, brood en grond.”
“Vrede, brood en grond.”
Moenie die krag van bevatlike betoë onderskat nie. Jy kan daardeur bewegings op sleeptou neem. Winston Churchill en Vladimir Lenin het met bogenoemde gelaaide woorde mense geïnspireer, op heilsame maar ongelukkig ook onheilsame wyses. Hulle en talle ander instellings en persone het dit deur die eeue heen reggekry deur die gebruik van dit wat ’n triade genoem word (lees mooi - nie 'n tirade nie ... ). ’n Triade is ’n deftige woord om ’n drieslag aan te dui, sê die HAT. Afvaardigings, advertensies en betoë maak dikwels hiervan gebruik. Oor die algemene gebruik hiervan in betoë merk Mayer in sy boek oor effektiewe redevoering, How To Win Every Argument (vieslike titel, effektiewe verkoopstegniek), op dat daar in die praktyk eenvoudig net iets is wat krag aan ’n triade verleen en iets afrond.
Ons weet dit is waar. ABSA sê "Vandag, more, altyd saam." Rice Crispies sê "Snap, Cracle, Pop". Die advokaat se finale effektiewe betoog het dikwels drie punte. En die dominee, voor hy hom kon kry het sy preek gewoonlik drie punte. "Hoekom het 'n dominee se preek altyd drie punte?" vra iemand nou die dag. Miskien is dit omdat die gemeente nie meer as drie punte kan hanteer nie...? Net gou 'n realiteitsflits. Dit word vertel dat Puriteinpredikers dikwels op 'n Sondag so ses en dertig punte in hul preek gehad het. En dan sou twee bure in die week met mekaar oor die heining gesels en selfs 'n bietjie verskil oor wat punt nommer vier en twintig nou weer was! Maar miskien is die storie nie reg vertel nie. Die dominee het maar net drie punte met twaalf onderafdelings elk gehad en hulle kon net die eerste twee punte onthou. Ondankbare lidmate as jy my vra ...
2011/09/01
Bevryde en bevrydende ortodoksie
“Christian freedom is a quiet laughter, not the harsh laughter of a
defensive apocalypticism that cannot distinguish a minor cultural crises
from the End of Days. It is a laughter rooted in unmerited grace and
historical awareness that knows that it need not grovel before either the
dogmas or the myopias of a particular time. This freedom is what I
prefer to call liberated orthodoxy ...”
~ Thomas Oden ~
defensive apocalypticism that cannot distinguish a minor cultural crises
from the End of Days. It is a laughter rooted in unmerited grace and
historical awareness that knows that it need not grovel before either the
dogmas or the myopias of a particular time. This freedom is what I
prefer to call liberated orthodoxy ...”
~ Thomas Oden ~
2011/08/28
Om iets met iets te beveg
'n Mens kan nie iets met niks beveg nie. Dit is 'n oer-reformatoriese waarheid. Anders gestel: Christene doen nie ander dinge as ander mense nie. Hulle doen dieselfde dinge wel anders. Dit beteken hulle vul dieselfde dinge met ander inhoud - of dit nou gaan oor politiek, prokureurs of partytjie; en of dit nou gaan oor vissermanne, vrolikwees of visie.
Vergun my 'n paar woorde oor visie. Ons is seker almal al redelik voos gevisie en gemissie by die organisasies waarby ons betrokke is - werksgewys, kultuurgewys en selfs kerkgewys. Maar soos reeds gesê: Jy kan nie iets met niks beveg nie. As ons nie visie vir iets het nie, beteken dit bloot dat iemand anders wat wel (moontlik verwronge) visie het, die leiding gaan gee. Laat my toe om iets oor die oorkoepelende visie van ons lewens te deel waarop jy kan gaan verbeter as jy kan. Canon Press, die plaaslike Christelike uitgewers waar ek tans is, verwoord hulle visie so:
1. Om produkte te skep en te voorsien wat die visie van 'n vol lewe voorhou: 'n lewe vol van skoonheid, tradisie, samesyn, opvoeding, lag en feesviering.
2. Onbeskaamd vir Christus en skerp gekant teen die waardes van moderniteit.
3. 'n Volwasse kultuur met die kerk in die sentrum daarvan, terwyl die goeie lewe uitgeleef word - een huisgesin op 'n slag.
Die groot vraag is natuurlik nog steeds hoe die visie ingekleur word. Kom ons volstaan vir nou met die buitelyne. Wat sou jy hierop wou byvoeg of aftrek, vermenigvuldig of deel? Hier is weer geleentheid vir 'n meningspeiling in die kolom aan die regterkant. Vul nege uit tien in as jy nie hierop kan verbeter nie, agt as jy reken jy kan 'n ekwivalent bied, sewe as jy dink jy kan hierop verbeter en ses as jy reken die visie is maar karig. Deel dan jou visie met jou vriende en laat hulle besluit of jou puntetoekenning geloofwaardig was.
2011/08/24
"Empires", nasiestate en volkere
In sy kompakte werk, Peoples and Empires, gee Anthony Pagden 'n insiggewende historiese oorsig oor die wêreldgeskiedenis deur die lens van "Empires". Hierdie geskiedenis strek vanaf die Griekse Ryk tot en met vandag. Redelik aan die einde van sy werk (vgl p.162, 166) praat hy oor die fenomeen van volkskap dwarsoor die wereld.
Pagden praat onder meer oor die feit dat dat volkere oor die wêreld heen die les op 'n harde manier moes leer nadat hulle van imperialisme bevry is - dat anti-kolonialisme en kollektiewe identiteit nie dieselfde ding is nie. Dit is eenvoudig nie so maklik om van iemand 'n burger van 'n bepaalde nasiestaat te maak as jy volkereverskille in ag neem nie, sê Pagden. Vry vertaal sê hy verder die volgende:
2011/08/19
Die gees van Augustinus
Augustinus sê in die inleiding van Boek III van sy bekende werk, De Trinitate, veelseggende woorde oor sy gesogte publikasies. Ons kan gerus maar sy opinie oor sy uitsprake meet aan ons opinies oor ons eie uitsprake. Hy stel (1) dat hy eerstens nie bloot behoefte het aan 'n gawe leser/hoorder nie, maar ook 'n eerlike kritikus. Hy het (2) nie behoefte aan 'n blote naprater nie, sê hy, maar darem ook nie aan 'n kritikus wat net sy eie kritiek kan napraat nie. Hy vertrou ook (3) verder dat sy leser nie meer van hom sal hou as van die algemene en ontwyfelbare geloof nie. Hy gaan voort en ek vertaal vry:
Vir die eerste groep sê ek: Moenie aan my werke dieselfde eerbied betoon as aan die kanonieke Skrifte nie. Wat jy ook al vind in die Skrif wat jy voorheen nie geglo het nie, wel, glo dit onmiddellik. Maar wat jy ook al in my geskrifte vind wat jy nie tot dusver as seker geag het nie, as ek jou nie oortuig het dat dit seker is nie, gaan voort om twyfel daaroor te hê. Vir die tweede groep sê ek: Moenie wat ek skryf kritiseer op grond van die standaard van jou eie vooroordele of beterweterigheid nie, maar op grond van die goddelike teks of onomkeerbare rede. As jy hierin enige waarheid vind, dan behoort dit nie bloot aan my nie, maar eerder aan beide van ons deurdat dit verstaan en omhels word deur ons altwee. As jy my uitvang in enigiets wat nie waar is nie, dan moet ek erken dat ek 'n fout gemaak het; maar van nou af, deur versigtiger te wees, kan beide van ons die eienaarskap van foute vermy.
Augustinus se werke bruis van die honger na God se waarheid soos dit in die Skrif gemyn word. Die simptome hiervan is die wyse wat hier pertinent aan die orde gestel is. Ons behoort in ons apologetiese styl hiervan kennis te neem. Mense behoort by ons 'n honger na die waarheid te bespeur wat diep uit ons siele opwel. Een van die kenmerke van so 'n honger en dors na die geregtigheid is dat jy graag hoor waar ander jou dalk reg kan help, op voorwaarde dat hulle nie in hul eie ideologie-web vasgevang is nie. Want dit gaan nie om jou of my nie. Dit gaan om God en sy waarheid wat Hy vir ons almal geopenbaar het en waarin ons almal hoe langer hoe meer behoort in te groei. Hierdie groei sal nooit ophou nie. Daarom bly dit altyd opwindend om verder na te speur, dieper te delf, verdere dimensies te ontdek. Beleef mense by ons hierdie Augustiniaanse gees?
2011/08/15
Psalms en roomys!
Daar is waarskynlik diegene wat wonder: Nou wanneer gaan ons nou iets hoor van die nuwe omgewing wat die Fanie homself in bevind? Wel, hier is 'n eerste aflewering.
Wat kry jy as jy Bethlehem en Potchefstroom kruis? Antwoord: Iets wat jou herinner aan Moscow, Idaho in die VSA. Met rollende heuwels rondom die dorp en koring wat witryp op die heuwels wuif, voel 'n mens baie maklik in hierdie landelike omgewing tuis. Die universiteit van die dorp, die University of Idaho (afgekort as die U of I) het ontwikkel uit 'n landbouopleidingsentrum. Hierdie sentrum is blykbaar aanvanklik gestig om mense in die verre afgeleë Weste te help om effektiewer te boer. Hieruit het baie dinge voortgevloei - onder meer 'n volwaardige universiteit. Ongeveer dertien kilometer uit die dorp is die dorp Pullman met ook sy eie universiteit in die aangrensende staat, Washington - Washington State University. Maar die Kollege waarby ek ingeskryf is in die universiteitsdorp Moscow is die plek waar ek wil uitkom.
Hierdie kollege, soos baie Christelike privaatinstellings, stel nie belang in staatsubsidie nie, gewoon omdat hulle nie op enige kompromitterende wyse gebind wil wees aan staatsregulering in sake hul opleiding nie. En waarmee begin hul toe die nuwelinge in te wy by die eerste oriënteringsgeleentheid? Psalmsing en roomys! Meer konkreet - Psalms in kanon en in stemme saam met 'n skuiftrompet, en roomys waarop jy smarties, neute, sjokolade, en nog 'n ander paar heerlike dinge kan strooi. Dit alles in die soel somersaandlug op die plein voor die kollegegebou met nuuskierige dorpsbewoners wat voortdurend kom kyk wat gebeur. Wat was aangenamer, die Psalmsing of die roomys? Die vraag is verkeerd. Dit gaan hier om geseënde skuld deur assosiasie!
In die opname van die openingsplegtigheid die daaropvolgende dag kan die ligvoetse en vrolike Psalmsang aan die begin ook gehoor word. Hulle sing nie Psalms alleen nie, maar het wel 'n gesonde vooroordeel daarvoor. Baie Psalms by hulle het skynbaar 'n ligte toonaard. Dit verteenwoordig blykbaar 'n bepaalde tradisie waaroor ek meer sal uitwei as die oningeligtheid eers bietjie gedokter is. Maar hier is die openingsgeleentheid vir die wat belangstel. Film kan nie alles vasvang nie, maar dit gee tog 'n idee. Hierdie ouens se etos en Christelike volwassenheid is op 'n vlak wat merkwaardig en inspirerend is. Die boodskap van die spreker vanuit Kol. 3 met die stentorstem was kragtig en behoort ons almal wat onsself met die erenaam Christen noem, te inspireer: Jy is reeds dood. Gaan leef nou roekeloos vir God se koninkryk en gaan stry die goeie stryd.
2011/08/12
Kan jy antwoord?
Nou-ja kom ons probeer 'n speletjie en kyk hoe dit gaan. Hier is 'n vraag waardeur jy die geleentheid kry om te antwoord deur middel van veelvuldige antwoordopsies. As jy jou oog effe na regs op die skerm draai, sal jy neffens hierdie pos die plek vind waar jy jou antwoord kan gee. En as jy nie antwoord nie, gaan ek nie sleg voel nie, want dan beteken dit dat jy nie die antwoord ken nie ...
Ongelukkig kan jy oneerlik wees en gaan kyk wat ander geantwoord het en so 'n goeie idee kry wat die antwoord behoort te wees. Hulle noem dit afkyk! En in hierdie geval is die toevlug tot E-sword op jou rekenaar ook. Neem nou maar die ou uitdaginkie aan en gaan soek 'n bietjie self. Gereed? Hier is die vraag:
Aan die einde van die film Chariots of Fire kom die Amerikaner na Eric Liddell toe wat op die punt staan om aan die 400 meter wedloop deel te neem nadat hy geweier het om aan die 100 meter op 'n Sondag deel te neem by die Olimpiese Spele. Die Amerikaner stop 'n briefie in sy hand met ongeveer die volgende woorde: Dit word in die Groot Boek gesê: "... die wat My eer, Ek sal hulle eer." Waar staan dit? Omdat dit te maklik is om bloot die teksverwysings as opsies te gee, gaan ek dit bietjie moeiliker maak. Laat jy maar gaan lees mater! Hierdie woorde is belangriker as boeretroos in die oggend. Dit kan gerus maar vorentoe skuif in ons lys van geliefde teksverse. En as dit enige bemoediging is, ek sou die teksverwysing ook nie uit die hoof kon antwoord nie.
2011/08/11
Dis hoe dit is - met en sonder Steve
In Suid-Afrika dink baie wat die frase "dis hoe dit is" hoor, onmiddellik aan Steve Hofmeyr en sy program(lied) op Kyknet. Steve is vir baie die voor die hand liggende eerste konnotasie. Maar daar is 'n ander kandidaat met 'n bedekte konnotasie wat baie kragtiger is. Hy kamoefleer hom met die frase "dis hoe dit is" beter as die beste voetsoldaat. Deur hierdie frase in ons monde en in ons koppe sluip hy in by ons geselskappe by die braaivleisvure, by ons debatte op verhoë, by ons wetenskapseminare. Ja, hy sluip in selfs by ons diep en minder diep mymeringe in ons badkamers. Sy van is mnr. Ologie - 'n bekende van in die wêreld van Ologieë. Maar sy naam wek oral siddering: Ide. Hy is beter bekend as ...
Ideologie kan op verskillende maniere verstaan word, sê die geleerdes vir ons. Dit kan beteken (1) dat 'n bepaalde idee buite die maat ons lewens beheers. Dit kan ook beteken (2) al daardie onbewuste aannames oor wat ons as vanselfsprekend ag ("dis hoe dit is"). Dit kan ook (3) bloot dui op 'n algemene agenda, 'n algemene opinie of algemene oortuiging. Kies jou kaart, maar weet dat hierdie kandidaat met meer as een weergawe kaart speel.
Dit is veral die "dis hoe dit is"- kaart (nr. 2) wat hier van toepassing is. Beide Protestante en Marxiste - elk uit verskillende hoek en met verskillende doelstellings - het lankal al teen hierdie streep in ons in opstand gekom. "Dis hoe dit is" kan 'n valse bewussyn wees, het hulle met vuur in hul oë en harte getuig.
2011/08/05
God se werk en ons werk (3)
Hierdie is die noodsaaklike opvolg op die vorige skrywe. Begin hier as jy die draad steeds nie volg nie. Die geseënde spanningslyn verdiep as ons ons tweede teologiese turk, Kevin DeYoung aanhoor. Hy en Tchividjian is meer as net Facebook vriende. Hulle albei speel saam in dieselfde reformatoriese span. Hoewel hul bouvorm nie so lyk nie, sou ons hulle posisies kon vergelyk met die vaskop- en loskopstut in 'n rugbyspan. Beide het die doel om die bal oor die doellyn te help dra, maar tog verskil hul aksente so effe.
Tchividjian is die vaskop-man. Hy wil deeglik seker maak dat ons geanker is in die evangelie, die volle evangelie en niks anders as die evangelie nie. Dit is dat alles wat nodig is vir ons ewige redding en vir aanvaarding voor God, reeds volledig deur Jesus Christus bewerkstellig is, vasgemaak is deur sy kruisdood en opstanding vir ons. Jy sal hierdie bevrysingsbasis nooit uitput nie. Al jou lanseerwerk begin hier. En as dinge begin skeefloop? Dan sê Tchividjian moet jy seker maak of al die indikatiewe motore op jou evangelie-basis nog op volle sterkte vuur. So praat die vaskop voorryman wat 'n meester is in evangeliese ankerwerk.
Maar 'n reformatoriese span het ook 'n loskop voorryman nodig. Onlangs oor die radio sê die Springbokvleuel van die wêreldbekerwenner '95-span, Pieter Hendriks, dat 'n loskop ietwat malkop-voortvarend moet wees en dat die Sprinkbokke so 'n iemand in daardie posisie nodig het. Wel, die tyd sal leer watter kandidaat die rol kan vervul, en Cheetah-getrou kan jy raai oor wie ek bevooroordeeld sou wees. Maar wat die baie belangriker reformatoriese span betref, gee Kevin DeYoung al die regte tekens dat ons hom maar gerus op loskop kan oorweeg. Kevin wil seker maak dat ons vorentoe dryf. Hy gee Tullian se vaskop ankerposisie toe, maar stel ook:
Growing in godliness is a fight of faith–a fight to believe the truth about our justification, our adoption, a fight to believe all that God says about us by virtue of our union with Christ. But growing in godliness is more than trusting; it is also trusting enough to obey. The New Testament gives us commands, and these commands involve more than remembering, revisiting, and rediscovering the reality of our justification. We must also put on, put off, put to death, strive, and make every effort.
Kevin is besorg daaroor dat ons die indikatiewe afspeel teen die imperatiewe. Daar is egter net eenvoudig te
2011/08/02
God se werk en ons werk (2)
Beloftes maak skuld. Reeds hier is die voorneme gemaak om verder in te gaan op die tema van God se werk en ons werk. As jy so kyk na hierdie blog se lysie van mees gelese artikels, blyk dit dat hierdie tema vuurwarm bly. In hierdie posstuk gaan ek een van die twee genoemde teologiese turke opsommend aan die woord stel deur kernaanhalings uit sy een genoemde geskrewe stuk. Net om enige misverstand by voorbaat af te sny: Beide woordvoerders wat behandel sal word erken God se soewereinititeit in mense se redding. Beide erken dat God se werk en ons werk alleen binne hierdie raamwerk beredeneer kan word. Hulle is dus Calviniste soos die mense sê. Jy sou hulle ook monergiste kon noem as jy nuwe woorde soek wat in die sagte vlees kan insny en die eelte op die ore met woorde soos Calviniste wil vermy. Kortom: Hierdie twee manne wil soli deo gloria oor 'n mikrofoon met 'n goeie klankversterker uitroep.
Maar binne hierdie soli deo gloria-raamwerk kan ons nog steeds onderskei tussen (1) wat God in sy genade gee en (2) dit waartoe Hy ons binne hierdie genade oproep om aktief - weliswaar bekragtig deur sy Gees - te doen. In 'n sekere sin sou ons kon stel dat een van ons spreker-skrywers maar net waarsku teen verwaarlosing van (1) en die ander een weer waarsku op verwaarlosing van (2). Het ek al gewys op hulle raamwerk waarin hulle die debat voer? Verskoon tog vir die herhaling, maar die raamwerk vir hierdie gesprek is belangriker as 'n raam vir jou amptelike huweliksfoto. Daarsonder is dinge eenvoudig nie reg omlyn nie. In hierdie posstuk sal ons luister na Tullian Tchividjian (terloops, hy is 'n kleinseun van Billy Graham, met oupa se spreekgawes en boonop nogal reformatories! Jammer dames, hy is reeds getroud).
Tullian waarsku teen die verwaarlosing van (1) in ons lewe met God: Die besef dat alles genade alleen is en dat God alles in Christus alleen gee. Hy stel dit onomwonde dat dit onmoontlik is dat iemand wat God se genade leer ken het, ooit passief kan bly. Jy kan nie. Dit is onmoontlik, is sy eenvoudige gevolgtrekking. Volgens Tchividjian is die rede vir mense se passiwiteit en louheid nie dat hulle gemaksugtig geraak het in die evangelie nie, maar dat die evangelie nie genoegsaam tot hulle (tot ons!) deurgedring het nie:
The fact is, however, that the only way licentious people start to obey is when they get a taste of God’s radical, unconditional acceptance of sinners.
Tchividjian ag hierdie smaak van God se genade as deurslaggewend. Hy gee 'n nugterheidstoets wat baie van ons ongemaklik behoort te laat rondskuif. Hy gee die nugterheidstoets met groter skop as 'n halfglas skoon mampoer. Gereed? Hier kom dit: Of dit nou 'n preek, 'n boek, 'n blog of 'n kwetter (twitter) is - as die
Maar binne hierdie soli deo gloria-raamwerk kan ons nog steeds onderskei tussen (1) wat God in sy genade gee en (2) dit waartoe Hy ons binne hierdie genade oproep om aktief - weliswaar bekragtig deur sy Gees - te doen. In 'n sekere sin sou ons kon stel dat een van ons spreker-skrywers maar net waarsku teen verwaarlosing van (1) en die ander een weer waarsku op verwaarlosing van (2). Het ek al gewys op hulle raamwerk waarin hulle die debat voer? Verskoon tog vir die herhaling, maar die raamwerk vir hierdie gesprek is belangriker as 'n raam vir jou amptelike huweliksfoto. Daarsonder is dinge eenvoudig nie reg omlyn nie. In hierdie posstuk sal ons luister na Tullian Tchividjian (terloops, hy is 'n kleinseun van Billy Graham, met oupa se spreekgawes en boonop nogal reformatories! Jammer dames, hy is reeds getroud).
Tullian waarsku teen die verwaarlosing van (1) in ons lewe met God: Die besef dat alles genade alleen is en dat God alles in Christus alleen gee. Hy stel dit onomwonde dat dit onmoontlik is dat iemand wat God se genade leer ken het, ooit passief kan bly. Jy kan nie. Dit is onmoontlik, is sy eenvoudige gevolgtrekking. Volgens Tchividjian is die rede vir mense se passiwiteit en louheid nie dat hulle gemaksugtig geraak het in die evangelie nie, maar dat die evangelie nie genoegsaam tot hulle (tot ons!) deurgedring het nie:
The fact is, however, that the only way licentious people start to obey is when they get a taste of God’s radical, unconditional acceptance of sinners.
Tchividjian ag hierdie smaak van God se genade as deurslaggewend. Hy gee 'n nugterheidstoets wat baie van ons ongemaklik behoort te laat rondskuif. Hy gee die nugterheidstoets met groter skop as 'n halfglas skoon mampoer. Gereed? Hier kom dit: Of dit nou 'n preek, 'n boek, 'n blog of 'n kwetter (twitter) is - as die
2011/07/31
Terneergedruk?
Goeie raad vir depressie
is om weg te kyk na Hom
wat bo jou gevoelens uit blom
in die ware verhaal so groot
dat sy Storie ook jou storie
intrek, uittrek, aantrek;
beklee as in Christus opgemerk
in die ruimtes van God se digwerk.
is om weg te kyk na Hom
wat bo jou gevoelens uit blom
in die ware verhaal so groot
dat sy Storie ook jou storie
intrek, uittrek, aantrek;
beklee as in Christus opgemerk
in die ruimtes van God se digwerk.
2011/07/22
Die komende Jock-fliek
Ek moet erken: Ek is baie nuuskierig oor hoe die eerste groot animasie-film van Suid Afrika gaan vaar. Jock of the Bushveld word beskou as 'n Afrika-klassiek en begin in Suid Afrika draai op 29 Julie 2011. Die animasie weergawe is blykbaar heelwat aangepas met selfs 'n Poedel wat ingebring is vir die liefie aspek. Dit stem ooreen met die onlangse blyspel sê my vriende wat weet. Die produksie beloop sowat R70 miljoen sê ander bronne. Dit is 'n gaan-groot-of-gaan-huis-toe produksie. Die missie is internasionaal. Daarvoor is internasionale stemme ingebring soos Bryan Adams vir Jock se stem en Helen Hunt vir, nou-ja, ek is nie seker wie nie. Selfs Biskop Tutu is daar en vertolk die stem van die "geestelike leier."
"Geestelike leier" in hierdie produksie wat waarskynlik werk daarvan sal maak om die Afrika-geur deur te dra, is natuurlik 'n baie dubbelsinnige woord. Die siening van geestelike leier in die internasionale arena moet mos nou arche-tipe "spiritual, but not religious" wees. Dit het ons lankal reeds in Lion King gesien. Boonop is Biskop Tutu bekend vir sy inklusiewe intergeloofsuitsprake.
Maar die bedoeling van hierdie skrywe is nie 'n anti-toon nie. Soos reeds vermeld - ek is geïnteresseerd, uiters geïntereseerd op verskillende vlakke. Ek dink "Staffies" is oulike honde. Die konsep van 'n "underdog" fassineer my nog altyd. Hei, ek skreeu van kleins af vir die Cheetahs! Boonop is daar die projek
Etikette:
apologetiek,
Barth,
Calvyn,
Film,
Kohlbrugge,
reformasie en kultuur,
uitverkiesing
2011/07/21
Mammon, wellus en die hel
Soms het ons nodig om net weer goed wakker te skrik oor waarom gierigheid en wellus sulke helse implikasies het (sinspeling berekend). Een van ons probleme is dat ons dink dat ons moraliserend hieroor onsself uit die gevaarsones kan praat en selfs preek. Ons kan nie. Bekering in die krag van Christus is nodig. Dit gaan gepaard met siddering vir sonde wanneer ons dit in sy rou werklikheid sien. Hier is 'n boodskap wat ons met geseënde skokterapie hieroor bedien.
2011/07/20
Verantwoordelikheid van spraak
Die onlangse herrie wat losgebars het rondom die Anton van Niekerk sage wat begin het met sy herbevestiging dat ons as wit mense met enorme skuld sit, is ter sake. Tim du Plessis het reeds in sterk taal en deur beelde van 'n uitskelparade en prekerige vermanings gemaan oor woorde wat die teenoorgestelde uitwerking kan hê. Vuisvoos Afrikaners is meer as vies.
Die filosoof Pieter Duvenhage se woorde reeds in 2003 verduidelik op gesofistikeerde wyse wat Du Plessis in sy straatwys-styl profeties (in hierdie geval) aanhangig gemaak het:
In die tweede plek kan 'n mens in 'n tipe moralisme verval wat 'n kreatief politieke meelewing vanweë 'n oordrewe skuldbewussyn onmoontlik maak. Hier is natuurlik die gevaar van suiwering ... en 'n voorbeeld, in 'n mate, is Antjie Krog se Country of my skull.
Eerstens konteks: Duvenhage praat oor die WVK en wys op drie maniere om op die verlede te reageer - 1. ontken die verlede se foute; 2. beskuldig die verlede; 3. wees krities betrokke vanuit die hede op die verlede en meet dit heeltyd aan verskillende standpunte.
Dit is veral Duvenhage se uiteensetting van die tweede punt wat ek hier wil uitbou: 'n Oordrewe bombardering met skuld bewerk bloot 'n nuwe vorm van moralisme. Dit heet liberaal-demokratiese wettisisme. Soos dit nog altyd met enige vorm van wettisisme die geval was, kan dit nie bevrydend werk nie. Kreatiewe meelewing word heeltemal gesmoor. Mense wat voel dat hulle nie kan asem kry nie, doen vreemde dinge. Diegene wat in die naam van vryheid van spraak liberaal-demokratiese wettisisme wil bedryf, moet kennis neem. Moet net die liberaal-demokrate van die gevare van wettisisme kennis neem? Nee, almal behoort, maar die feit is dat die LD's die dominante narratief het met - reg of verkeerd - die grootbroer posisie in Suid-Afrika. Vryheid van spraak in belang van hierdie heersende diskoers moet daarom spesiaal op die gevare van 'n tipe wettisisme en 'n oordrewe skuldkompleks attend gemaak word.
Om nou binne so 'n klimaat met betrekking tot die ongelukkige voorval van die Stellenbosch gebeure bloot te fokus op onvolwassenheid, fundamentalisme en die bedreiging van vryheid van spraak, mis die groter prentjie.
Die filosoof Pieter Duvenhage se woorde reeds in 2003 verduidelik op gesofistikeerde wyse wat Du Plessis in sy straatwys-styl profeties (in hierdie geval) aanhangig gemaak het:
In die tweede plek kan 'n mens in 'n tipe moralisme verval wat 'n kreatief politieke meelewing vanweë 'n oordrewe skuldbewussyn onmoontlik maak. Hier is natuurlik die gevaar van suiwering ... en 'n voorbeeld, in 'n mate, is Antjie Krog se Country of my skull.
Eerstens konteks: Duvenhage praat oor die WVK en wys op drie maniere om op die verlede te reageer - 1. ontken die verlede se foute; 2. beskuldig die verlede; 3. wees krities betrokke vanuit die hede op die verlede en meet dit heeltyd aan verskillende standpunte.
Dit is veral Duvenhage se uiteensetting van die tweede punt wat ek hier wil uitbou: 'n Oordrewe bombardering met skuld bewerk bloot 'n nuwe vorm van moralisme. Dit heet liberaal-demokratiese wettisisme. Soos dit nog altyd met enige vorm van wettisisme die geval was, kan dit nie bevrydend werk nie. Kreatiewe meelewing word heeltemal gesmoor. Mense wat voel dat hulle nie kan asem kry nie, doen vreemde dinge. Diegene wat in die naam van vryheid van spraak liberaal-demokratiese wettisisme wil bedryf, moet kennis neem. Moet net die liberaal-demokrate van die gevare van wettisisme kennis neem? Nee, almal behoort, maar die feit is dat die LD's die dominante narratief het met - reg of verkeerd - die grootbroer posisie in Suid-Afrika. Vryheid van spraak in belang van hierdie heersende diskoers moet daarom spesiaal op die gevare van 'n tipe wettisisme en 'n oordrewe skuldkompleks attend gemaak word.
Om nou binne so 'n klimaat met betrekking tot die ongelukkige voorval van die Stellenbosch gebeure bloot te fokus op onvolwassenheid, fundamentalisme en die bedreiging van vryheid van spraak, mis die groter prentjie.
Etikette:
Apartheid,
Leiers,
Linkses,
politiek,
Regses,
Vryheid van spraak,
wettisisme
2011/07/15
Wat gaan soek jy oor die waters?
Daar is mense in jou lewe wat mos sommer net van jou hou, ongeag van wie jy is of wat jy doen. Hulle het nie eens veel belangstelling in dit wat vir jou 'n lewenstaak is nie. Hulle hou net van jou. Punt. Hulle laat jou proe wat genade is.
Die is hierdie tipe mens wat by hierdie tipe blog se inhoudsopgawe onmiddellik na "biografiese notas" toe gaan. Hulle wil lees hoe dit met jou gaan en wat jy doen en watter foto's jy hulle kan wys. Warm mense, minsame mense, mense wat egtheid en smaak en balans aan jou lewe gee. Dit is veral vir hulle wat ek van tyd tot tyd die biografiese notas sal aanvul. Onlangs is ek gevra om vir die gemeente waar ek lidmaat is, kortliks in die gemeenteblad oor my toekomsplanne in te lig. Hier is die ongeredigeerde weergawe vir diegene wat dalk in biografiese notas belangstel. En vir diegene - dankie daarvoor - wat vir my wil bid:
Oom Org het my gevra om die gemeente kortliks in te lig in hierdie blad oor
my beoogde twee jaar studies oorsee. Wat? Wanneer? Waarom? Waarnatoe?
Nou-ja, hier is dit kortliks.
my beoogde twee jaar studies oorsee. Wat? Wanneer? Waarom? Waarnatoe?
Nou-ja, hier is dit kortliks.
Ek is baie bevoorreg. Fassinering, droom, beplan en uitvoer het by my agter mekaar in ’n ry kom staan. Meer as tien jaar gelede lees ek ’n boek met die titel Angels in the Architecture en word lewenslank gehaak vir ’n lewensvisie wat die Middeleeue en Reformasie as visvang kamerade voorstel. Die fyn waarnemer sal die spore hiervan sterk in die September-uitgawe van Die
2011/07/14
Nuwe oë en ware sukses
Aanhaalbare aanhalings het my nog altyd geprikkel. Hier volg die eerste twee van baie wat nog kom:
The voyage of discovery is not in seeking new landscapes but in having new eyes - Marcel Proust
Real success is finding your lifework in the work that you love - David McCullough
The voyage of discovery is not in seeking new landscapes but in having new eyes - Marcel Proust
Real success is finding your lifework in the work that you love - David McCullough
2011/07/13
Kuns, Kultuur en Krygers in een asem
Die nuus in Suid-Afrika het onlangs by meer as een geleentheid berig oor die Kommandokorps. Wat insiggewend is, is dat die swartsmeer kwas nie meer so goed werk met hierdie tipe organisasies nie. 'n Mens is dankbaar dat RSG se monitor program op 13 Julie 2011 darem erkenning gee aan die polisiestem wat kort en kragtig stel dat daar nie eens rede vir verdere ondersoek bestaan nie. Daar is eenvoudig 'n toenemende ongemak by Afrikaners oor die werklikhede in Suid-Afrika. Die alarmistiese sirenes van diegene wat ideologiese en revolusionêre optrede van elke Boer vrees, begin al hoe meer klink soos wolf-wolf wat nou net duisend keer te veel uitgeroep is. Of miskien besef die skril alarms dat verlamming deur verwronge skuldgevoel projeksies nie meer so kragtig soos in die verlede werk nie. Die sondeval het die Boere inderdaad nie verbygegaan nie. Maar wie enige kind, enige mens, enige Boer op die langtermyn met hoofsaaklik skuld bombardeer, moenie verbaas wees as die teendeel bewerk word nie. En piëtistiese liberaal-demokrate kan maar ophou om hul harte vas te hou. Hulle moet eerder hul valse thou-shalt-not-boekie vir die Bybel wat die Ou Testament insluit, verruil.
2011/07/08
Met die Psalmboek oor die kop
Wat noem jy "performative contradictions" in Afrikaans? Weersprekende optrede? Of so iets. Enige ander voorstelle in raakvat Afrikaans is welkom. Die uitgesprokenes sal sommer wil praat van Fariseër-gedrag of skynheiligheid op die bodem. Groot woorde hierdie - woorde met drie vingers wat terugwys.
Kom ons fokus so 'n bietjie op 'n minder opsigtelike voorbeeld hiervan: die debat oor Psalmsing onder die van ons wat graag die reformatoriese etiket as 'n ereplaatjie dra. Reformatoriese mense bely graag die genade van God alleen. Ons sou wou byvoeg: in die doksologies hoogste toon moontlik. Ons is mos trots op ons raamwerk van verwondering oor God en sy genade. Daarvan sing die Psalms self, erken ons, in die majeurtoon. Maar kyk net wat doen ons so maklik in die Psalmdebat. Ons pleeg "performative contradiction" - weersprekende optrede. Ons praat oor Psalmsing met 'n ander raamwerk as die een wat ons propageer. Die verwonderingsgloed is dikwels afwesig en nou, in pure steriele argumentasie, word daar abstrak geredeneer oor Psalmsing. Of as daar gloed is, is dit eerder 'n wettiese gloed: "Die Psalms moet gesing word, boet!" Hierdie pro-Psalm wettisisme is so anti-Psalm as wat kan kom.
Laat ek maar bely: Ek is persoonlik pro-Psalms. Ek sou selfs in 'n optog daarvoor wou loop met my "Viva Psalms!" plakaat. En ek sou saamsing in die koor van diegene wat stel dat daar 'n moratorium geplaas moet word op alle verdere aanleer van kerkmusiek totdat die mees gesonge liedere van die geskiedenis almal geken word. Maar ek dink nie dit gaan gebeur deur mense met 'n Psalmboek oor die kop te slaan nie. Dit sal eerder gebeur deurdat mense onder die indruk van die lof, die aanbidding en vreugde van die Psalms gebring word. 'n Goeie beginpunt is om Derek Kidner se immergroen dubbelloop kommentare aan te skaf. Hulle is baie gebruiksvriendelik en kan help om jou deurwerk van die Psalms met gloed te begelei. As die debat oor die Psalms nie ingebed bly in die raamwerk van doksologie en verwondering nie, is ons besig met weersprekende optrede. Iemand behoort op te staan en die teenstrydigheid aan te toon.
2011/07/04
Mag bedorwe, ook in Star Trek
Lord Acton is baie bekend vir die uitdrukking: "Power tends to corrupt, and absolute power corrupts absolutely." Ja, dit geld vir jou en my ook. Tensy jy natuurlik nog nooit die realiteit van Ps. 51:7 in jouself raakgesien het nie. Lord Acton se slagspreuk is een van die groot redes vir die bestaan van die Acton Institute, 'n dinktenk wat hulle beywer vir 'n vrye ekonomie en 'n bevrydende godsdiens in alle lande. Slagspreuke is kragtig. Wanneer dit boonop in narratiewe formaat in films ingespan word, verkry dit verdere slaankrag. Mymer gerus so 'n bietjie oor Lord Acton se bekende uitdrukking deur middel van meegaande insetsel (waarop die Acton Instituut met graagte wys) uit Star Trek: The Next Genereration, Episode 10 van die eerste seisoen met die titel: "Hide and Q".
Die rimpeleffekte van hierdie eenvoudige waarheid is verstommend. Gaan besoek maar die Acton Instituut om die rimpelings duideliker onder oë te kry.
2011/06/29
God se werk en ons werk (1)
In die vorige pos is gewys op die wet/evangelie dinamiek in terme van indikatief en imperatief. Net weer 'n verfrisser vir die wat dalk die eerste keer met die i-woorde met tief-eindes te doene kry: Indikatief (vgl. die Engelse woord indicate) dui die stand van gebeure aan - in die evangelie spesifiek op dit wat God sonder ons gedoen het. Imperatief (vgl. die Engelse woord imperative) dui op 'n bevel. Dit gaan oor die verband tussen die aanduiding van gebeure wat buite ons en los van ons ons plaasgevind het enersyds, en die oproepe wat anderyds tot ons kom waarin onsself iets moet doen. Kortom: God se werk en ons werk. Soos op enige ander gebied is daar woorde wat mettertyd ingeburger raak as die jargon woorde en kortpad woorde om sake te beskrywe. Skuus as indikatief en imperatief die indruk gee van snobisties neerbuigende woorde. Enige voorstelle vir ander woorde wat meer ligvoets en verstaanbaar vir Jan Alleman mag wees is altyd welkom, maar dan moet dit meer wees as jou eie euforiese stimulante. Dit moet ingeburger kan raak by almal. Verdra asseblief die woorde ter wille van die groter saak waarom dit hier gaan. Dit gaan hier om die wet/evangelie dinamiek wat seker op sy duidelikste na vore tree in Fil. 2:12-13:
Deur die geskiedenis het die verband tussen God se werk en ons werk Christene nog altyd geboei. Dit is een van die mees basiese sake waarmee ons telkens gekonfronteer word. Die twee afgronde van wettisisme en wetteloosheid (nomisme en antinominanisme) wink voordurend op hierdie weg as ons die stuurwiel hieroor nie goed vashou nie.
Twee gewaardeerde jonger ortodokse teoloë en vriende, Tullian Tchividjian en Kevin DeYoung, het hierdie debat onlangs met nuwe gloed op die tafel geplaas Kyk gerus hier en hier en hier om die klanke van begaafde jonger teologiese turke op te vang. Hulle debat is 'n bewys daarvan dat elke geslag hierdie sake opnuut vir hulself moet toe-eien. Wat mooi is, om te sien hoe hulle aanleun op hul klassieke tradisie. Ek kan my nie indink dat enige predikant wat besorg is oor sy gemeente en (sy eie) padhouvermoë nie hiervan 'n studie wil maak nie. Wat ek hier gaan doen is om die bespreking hiervan in 'n paar posstukke op te deel. Ter wille van hulle wat godsdiens swaar in Engels verteer sal ek in 'n eerste posstuk die basiese argument van die twee deur middel van treffende kernaanhalings uitlig ten einde 'n jeuk te veroorsaak by die wat nog nie behoefte voel om te krap nie. Daarna sal die treffende beelde en aanhalings aan die woord kom wat die twee here gebruik en wat ons gerus maar in ons herkou-lêers kan plaas. Daarna sal 'n waarderende evaluering gedoen word met 'n paar eie stuiwers terwyl daar so heerlik by hul evangeliese debatsfees aangesit word. Jy word saamgenooi. Hier is werklik evangelie-voeding. En bring jou smaakkliere saam, want dit word nie met 'n drup toegedien nie.
... werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.
Deur die geskiedenis het die verband tussen God se werk en ons werk Christene nog altyd geboei. Dit is een van die mees basiese sake waarmee ons telkens gekonfronteer word. Die twee afgronde van wettisisme en wetteloosheid (nomisme en antinominanisme) wink voordurend op hierdie weg as ons die stuurwiel hieroor nie goed vashou nie.
Twee gewaardeerde jonger ortodokse teoloë en vriende, Tullian Tchividjian en Kevin DeYoung, het hierdie debat onlangs met nuwe gloed op die tafel geplaas Kyk gerus hier en hier en hier om die klanke van begaafde jonger teologiese turke op te vang. Hulle debat is 'n bewys daarvan dat elke geslag hierdie sake opnuut vir hulself moet toe-eien. Wat mooi is, om te sien hoe hulle aanleun op hul klassieke tradisie. Ek kan my nie indink dat enige predikant wat besorg is oor sy gemeente en (sy eie) padhouvermoë nie hiervan 'n studie wil maak nie. Wat ek hier gaan doen is om die bespreking hiervan in 'n paar posstukke op te deel. Ter wille van hulle wat godsdiens swaar in Engels verteer sal ek in 'n eerste posstuk die basiese argument van die twee deur middel van treffende kernaanhalings uitlig ten einde 'n jeuk te veroorsaak by die wat nog nie behoefte voel om te krap nie. Daarna sal die treffende beelde en aanhalings aan die woord kom wat die twee here gebruik en wat ons gerus maar in ons herkou-lêers kan plaas. Daarna sal 'n waarderende evaluering gedoen word met 'n paar eie stuiwers terwyl daar so heerlik by hul evangeliese debatsfees aangesit word. Jy word saamgenooi. Hier is werklik evangelie-voeding. En bring jou smaakkliere saam, want dit word nie met 'n drup toegedien nie.
Etikette:
evangelie-wet,
heiliging,
regverdiging,
wetteloosheid,
wettisisme
2011/06/24
Wettisisme kan maklik dominee(r)
Johan Cilliers het in Suid-Afrika dit alreeds meer as ’n dekade gelede aanhangig gemaak – Die uitwissing van God op die kansel. Hy het die uitdrukking by die onvergeetlike Luther gekry wat op kenmerkende dissonante diskoers geprotesteer het teen die uitwissing van God - die annihilatio Dei in ons optrede. Cilliers het dit van toepassing gemaak op kanseloptrede in die land en die dipstokkie ingesteek by die plek wat veronderstel is om die minste tekens hiervan te dra – radiopreke. Dit wil sê daar waar die kispreke gelewer word. Net jou beste vir die radio, jou persoonlike “onderskeidingspreek,” sou ’n mens vermoed. Cilliers en sy span se bevinding: Wettisisme dominee(r) in Suid-Afrikaanse prediking, tot sover as 90% in die preke wat geanaliseer is.
’n Mens sou seker kon debatteer oor die norme wat aangelê is, maar Johan Cilliers se pleitrede was redelik eenvoudig: Moenie deur jou prediking probeer om God uit te wis nie, maar eerder om Hom uit te wys (Die titel van die opvolg in sy bekende trilogie). Jy wis uit wanneer jou oproepe suggereer dat mense die potensiaal het om die knoop deur te haak. Daarmee ken jy van meet af aan hoogstens ’n assistent-rol aan God toe. Dit is nie ’n onskuldige oefening nie. Die evangelie word so uitgewis, het Cilliers geprotesteer. En as jy konsekwent deurdink moet jy erken dat jy God probeer uitwis.
Hierdie skoktaktiek bly maar nodig vir ons wat alte maklik aan God die assistent-rol wil uitdeel. Dit is nie die boodskap van die Bybel nie. Die goeie nuus is juis dat God se hande nie afgekap is deur ons onvermoë of , onwilligheid nie. Hy is die Hoofrol-Held. Hy het die Gordiaanse knoop deurgehaak, die onmoontlike Sisifus klip tot bo gerol, die koninkryk van God deur Christus nie ’n moontlikheid nie, maar ’n werklikheid gemaak.
En daarom sê dr. Cilliers: Moenie naakte oproepe en bevele aan mense gee nie. Sorg dat jou oproepe en vermanings altyd rus in die groot dade van God. In terme van verhewe taal: Sorg dat jou imperatiewe nooit naak is nie. Laat hulle geklee wees, ja rus in die indikatiewe van die Skrif. En toe lees ek vanmore dieselfde gedagte deur John Stott hier raak. Hierdie saak vra inderdaad internasionaal ons aandag:
"Too many sermons are written 'in the imperative mode', whereas the religion of the Bible 'is written largely in the revealing language of the indicative mode' . . . The power of the religion of the Bible is to be found in its affirmations"
Dr. Cilliers was in sy hoofprotes geregverdig. Ons Afrikaanse bloed het inderdaad nie hierdie probleem vrygespring nie. Ons weerspieël dit selfs in ons taal: “Moenie vir my preek nie” bedoel gewoonlik “moenie naakte vermanings uitdeel nie.” Maar egte preke doen dit juis nie. Egte preke wys jou op die groot en ware verhaal, die eukatastrofe wat jou verhaal kan omdop. Daarom kan egte preke magtige dinge verrig. God gebruik dit om mense vry te preek.
Met erkenning aan dr. Johan: Daar is tog ’n wêreldse verskil tussen
· “Heilig julle sodat die Here groot dade kan doen” en
· “Heilig julle, want die Here gaan groot dinge doen;
tussen
· “Ek wil jou reinig as jy aan die volgende voorwaardes voldoen” en
· “Ek wil, word gereinig.”
Tien raaie watter frases kom uit die Bybel (vgl. Jos. 3:5; Mat. 8;3).
Daarom die belangrike vraag aan ons elkeen: Lees jy die Bybel op ’n indikatiewe of ’n imperatiewe manier? Toegegee, beide moet funksioneer. Maar die vraag is watter een doen die drawerk. Lees weer die aanhaling uit Stott. Eersgenoemde sien God in die hoofrol en is bly. Laasgenoemde sien hulself in die hoofrol en kan net bly wees as hulle daarvan hou om in ’n waan te lewe.
2011/06/23
Vreemdeling en sinspeling
Die woord vreemdeling bied baie sinspeling. Om mee te begin: Vreemdeling kan beteken dat jy 'n vreemdeling en bywoner op aarde is omdat jou eintlike burgerskap elders is (Ps. 119:19; Hebr. 11:13; 1 Pet. 2:11). Dit kan ook beteken dat jy 'n vreemdeling vir God is (Ef. 2:12,19). En natuurlik, dit kan ook beteken dat jy nou by 'n plek is waar vreemdelinge vriende word.
2011/06/22
Potpadda-realisme
Dan Roodt maak hier die insiggewende stelling met 'n paar bewyse dat geweld van linkse politiek en nie van regses afkomstig is nie. Hy stel selfs dat Hitler eintlik links was. Stof tot nadenke soos hulle sê. Daar heers 'n persepsie by baie dat regtervleuel fundamentaliste die uitbroeiers van geweld is. Ek dink nie dit is totaal verkeerd nie. Die onderliggende aanvuurder van geweld is revolusie en dit kan linkse en regse manifestasies aanneem. Die waarde van Dr. Dan se skoot lê daarin dat hy geykte linkse ylings oor waar geweld nou eintlik broei daag. En terselfdertyd dien hy 'n nodige inspuiting van realisme toe oor die revolusionêr-sluimerende virus wat lank reeds in simbiose met sy ANC-gasheer leef. Ons het meer van hierdie potpadda-realisme nodig.
Teken in op:
Plasings (Atom)